News

Covid eis Buiteklub se geliefde Monica

Die gholf gemeenskap is diep geraak deur die afsterwe van Monica Kriek wat gister (Sondag) aan Covid-19 verwante oorsake gesterf het.

Monica en haar eggenoot, Hannes, was veral bekend onder gholfspelers, as die eienaars van die Middelburg Proshop, vanwaar hulle sporttoerusting verkoop het, asook die gholfkarretjies en dryfbaan uitverhuur het.

Die egpaar het die besigheid vir meer as 17 jaar bedryf en was landwyd onder gholfspelers bekend.

Monica het Sondag op die ouderdom van 66, twee dae na haar verjaardag, gesterf, nadat sy gesukkel het om asem te haal.
Hannes het met sy sielsmaat na Life Midmed gejaag, maar sy is oorlede met haar aankoms by die hospitaal.

Sy word oorleef deur haar man Hannes, dogter Thereza en haar man, en drie kleinkinders.

Begrafnisreëlings is nog nie gefinaliseer nie.

•Volgens klubbestuurder, Gerrit Smith, is die Middelburg Buiteklub vir die dag gesluit terwyl die klubhuis volgens voorsorgmaatreëls teen die virus ontsmet word. Die buiteklub sal vanaf more (Dinsdag) weer oop wees.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button