News

VIDEO: Bul boks soos Tyson Fury

Pasop Tyson Fury, hier kom Tyson Bonsmara!

Die vegtende Kruger gesin het ook nou ’n bul met ’n aptyt vir boks. Op ’n tyd het pa Zane, seun Bowen, ma Carin en dogter Eagen almal leer gegooi.

’n Jong bonsmara bulletjie moes gesien het hoe word ’n slaansak buite hulle huis voos geslaan en het soos ’n bokser wat na die middel van die kryt stap, nader gegaan en die slaansak met die kop heen en weer laat swaai.

Soos ’n wafferse Tyson Fury het hy op ’n stadium sy linker agterbeen in posisie geplaas, vir ’n beter “bokshouding”.

Zane sê die plaashek is die dag oop gelos en die bulletjie het sy kans met die slaansak waargeneem.

Op ’n vraag wat die bulletjie se naam is het hy gesê die bul het nog nie ’n naam nie. Op ’n voorstel dat hy Tyson Fury gedoop word het Zane gesê “Nie Tyson Fury nie, net Tyson”.

En nou loop daar ’n bonsmara op die plaas rond, wat tussen Middelburg en eMalahleni geleë is, wat kan boks en met die naam Tyson, Tyson Bonsmara!

Jake LaMotta was ’n Amerikaanse middelgewig bokser wat bekend was as die “The Bronx Bull” of “Raging Bull”. In 1980 is ’n film oor sy lewe, Raging Bull, uitgereik.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button