Rare bobbejaan by Loskop afgeneem
Kamera-lokvalle wat vir ’n luiperdprojek in die Loskop Natuurreservaat opgestel is, het ’n rare kleur bobbejaan afgeneem.

Die tienerbobbejaan is geel-rooi van kleur.
Gerrie Camacho, wat in beheer van die luiperd kameraprojek in Mpumalanga is, sê dat dit die eerste keer is wat hy so bobbejaan op kamera vasgevang het.
Daar was voorheen sprake van ’n wit bobbejaan in die Kranspoort omgewing maar daar kon nooit foto’s geneem word nie en daar was gerugte dat die dier se kleur dalk as gevolg van ’n mens se toedoen was.
Volgens die foto’s is dit duidelik dat die bobbejaan wat onlangs afgeneem is deur die trop aanvaar word.

Die kamera wat die bobbejaan afgeneem het, is in die middel van die reservaat en die bobbejaantrop beweeg vermoedelik nie buite die reservaat nie.
Hannes Marais, bobbejaan kenner, sê dat die bobbejaan, wat hy so jaar oud skat, heel gelukkig en deel van die trop lyk.
Hy sê dat ligte bobbejane se kleur gewoonlik teen hulle tel omdat bobbejane se normale kleur daar is vir ’n doel, soos om hulle temperatuur te reguleer en vir kamoeflering.
Mnr. Marais meen dat hierdie bobbejaan se toekoms egter meer rooskleurig lyk omdat daar ’n groot kans is dat hy later donkerder sal word.
“Hy het nie bytplekke nie en sy kondisie lyk goed.”
Mnr. Marais sê dat bobbejaan troppe ’n streng hiërargie volg en dat leiers posisies in die trop en wei gebiede geërf word.
Hy sê dat kleur mutasies in bobbejane baie skaars is.
*Kennisgewing: Koronavirus verslaggewing deur Caxton Local Media poog om fopnuus te kniehalter
Beste leser,
As jou plaaslike nuusverskaffer is dit ons plig om jou ingelig te hou van alle feite rakende COVID-19. Baie fopnuus doen die rondte aanlyn. Caxton Local Media werk gedetermineerd deur massas beskikbare inligting met die doel om waarheid van leuens te onderskei. Sodoende hou ons jou ingelig.
Ons plaaslike nuuskantore volg ‘n streng protokol wanneer dit kom by nuuswerwing en publikasie. ‘n Nasionale taakspan is daargestel om seker te maak dat jy geloofwaardige nuus oor die koronavirus kry.
Lesers met navrae of kommentaar kan ons nasionale groepredakteur, Irma Green (irma@caxton.co.za) of regsadviseur Helene Eloff (helene@caxton.co.za) kontak.
Het jy ’n nuuswenk?
Skakel ons redaksiekantoor op 013 243 1434 of ons bystand nommer, vir noodgevalle na werksure, by 072 248 3855 om jou storie met ons te deel.
Volg ons op die Middelburg Observer Facebook groep of blad of stuur ’n whatsapp na 072 248 3855 met die woorde “add me” vir nuusflitse en ander relevante nuus.
