News
Rooikraal moord: DPV om te beslis oor Smith hofsaak
Die jong verdagte wat tans klagtes in die gesig staar in verband met Raymond Papapavlou se moord het vandag weer vlugtig in die Groblersdal Landdroshof verskyn.
Die saak is uitgestel tot 10 Maart vir die vervolgingsgesag se besluit.
Smith is op 27 November op borg van R5 000 vrygelaat.
Sy word beskuldig dat sy ’n aandeel gehad het in die moord van Raymond Papapavlou op Sondag 4 Oktober.
Papapavlou is in sy bed doodgeskiet. Sy vrou, Simone, het beweer dat daar iemand anders in die huis was ten tye van die moord en dat sy waarskuwingskote afgevuur het, nadat sy voor die televisie wakker geskrik het van die skote.
Simone se naam word op die klagstaat genoem, waar die staat beweer dat sy en Smith saam aan Papapavlou se moord beplan het.
Sy is egter nie formeel aangekla vir die moord nie.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
