News

Ontbloter teister weer vroue

’n Ontbloter teister weer plaaslike vroue.

Dit blyk, soos ’n klompie jare gelede, dat hy veral eiendomsagente in sy visier het.

’n Eiendomsagent, wat om voor die hand liggende redes nie geïdentifiseer wil word nie, het gesê die man het ’n video-oproep na haar gemaak en sy was geskok om te sien hoe beelde van ’n man se geslagsorgaan verskyn, hy was besig om te masturbeer.

Sy het haar selfoon vir haar man gegee wat die ontbloter ’n paar kras woorde toegevoeg het.

Die nommer wat gebruik is, is deur www.mobserver.co.za geskakel, maar dit het dadelik oorgegaan na ’n stemposboodskap.
Dit is die tweede eiendomsagent waarvan sy bewus is wat deur die ontbloter gebel word.

Eiendomsagente is ’n paar jaar gelede deur ’n man geteister wat kru-voorstelle gemaak en ook vieslike opmerkings teenoor hulle gemaak het.

’n Groep mans en vroue wat saam by ’n sekere klub gedrink het, het ook bymekaar gekom en dan eiendomsagente, wie se inligting oral op advertensieborde beskikbaar is, gebel en dit baie snaaks gevind om hulle te teister en onaanvaarbare kru-opmerkings te maak.

’n Inwoner van Witbank is dieselfde tyd vasgetrek nadat hy vroue geteister het, Hy is later in die hof skuldig bevind.

*Kennisgewing: Koronavirus verslaggewing deur Caxton Local Media poog om fopnuus te kniehalter
Beste leser,
As jou plaaslike nuusverskaffer is dit ons plig om jou ingelig te hou van alle feite rakende COVID-19. Baie fopnuus doen die rondte aanlyn. Caxton Local Media werk gedetermineerd deur massas beskikbare inligting met die doel om waarheid van leuens te onderskei. Sodoende hou ons jou ingelig.
Ons plaaslike nuuskantore volg ‘n streng protokol wanneer dit kom by nuuswerwing en publikasie. ‘n Nasionale taakspan is daargestel om seker te maak dat jy geloofwaardige nuus oor die koronavirus kry.
Lesers met navrae of kommentaar kan ons nasionale groepredakteur, Irma Green (irma@caxton.co.za) of regsadviseur Helene Eloff (helene@caxton.co.za) kontak.
Het jy ’n nuuswenk?
Skakel ons redaksiekantoor op 013 243 1434 of ons bystand nommer, vir noodgevalle na werksure, by 072 248 3855 om jou storie met ons te deel.
Volg ons op die Middelburg Observer Facebook groep of blad of stuur ’n whatsapp na 072 248 3855 met die woorde “add me” vir nuusflitse en ander relevante nuus.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button