Skolerugby opgeskort tot Februarie
Alle skolerugby, selfs oefeninge, is gister opgeskort weens die nuwe Covid-19 vlaag infeksies.
Volgens ’n verklaring van die Suid-Afrikaanse Skole Rugby Assosiasie gaan die situasie deurentyd gemonitor word. Die opskorting duur tot 8 Februarie.
Die vereniging gaan daarna in samewerking met die Suid-Afrikaanse Rugby-unie oor die pad vorentoe besluit.
Sekere strukture sal gevolg word voordat skolerugby na normaal terugkeer, waaronder vier weke nie-kontak oefeninge.
*Kennisgewing: Koronavirus verslaggewing deur Caxton Local Media poog om fopnuus te kniehalter
Beste leser,
As jou plaaslike nuusverskaffer is dit ons plig om jou ingelig te hou van alle feite rakende COVID-19. Baie fopnuus doen die rondte aanlyn. Caxton Local Media werk gedetermineerd deur massas beskikbare inligting met die doel om waarheid van leuens te onderskei. Sodoende hou ons jou ingelig.
Ons plaaslike nuuskantore volg ‘n streng protokol wanneer dit kom by nuuswerwing en publikasie. ‘n Nasionale taakspan is daargestel om seker te maak dat jy geloofwaardige nuus oor die koronavirus kry.
Lesers met navrae of kommentaar kan ons nasionale groepredakteur, Irma Green (irma@caxton.co.za) of regsadviseur Helene Eloff (helene@caxton.co.za) kontak.
Het jy ’n nuuswenk?
Skakel ons redaksiekantoor op 013 243 1434 of ons bystand nommer, vir noodgevalle na werksure, by 072 248 3855 om jou storie met ons te deel.
Volg ons op die Middelburg Observer Facebook groep of blad of stuur ’n whatsapp na 072 248 3855 met die woorde “add me” vir nuusflitse en ander relevante nuus.
