News

Dief dra meer as R100 000 se koperkabels weg

Meer as R100 000 se koperkabels is vanmore tussen 05:00 en 06:00 by Mokse Engineering gesteel.

Dit is die tweede slag vir die ingenieursmaatskappy nadat meer as R100 000 se koperkabels ook op 11 Desember by die besigheid gesteel is.
Dit is vermoedelik dieselfde dief, wat alleen te werk gaan, wat toegeslaan het.

In Desember het die betrokke boef ook tussen 05:00 en 06:00 die oggend toegeslaan.

Volgens me. Shaelyn Hubball is die besigheid se pompstasie nou totaal buite werking.

Sy sê dat die betrokke kabels wat in beide voorvalle geteiken is, nie plaaslik beskikbaar is nie en ingevoer moet word.

In Desember het hulle ’n vrag kabelomhulsels in ’n veld naby die besigheid gevind.

Lees ook: Koperdiewe steel ingevoerde kabel van R80 000

Die besigheid vrees dat die boef weer gaan toeslaan omdat hy nie al die kabels kon wegdra nie.

Me. Hubball sê dat daar in Desember wel ’n verdagte vasgekeer is, maar dat die saak intussen laat vaar is.
Die dief is op een van die besigheid se kameras vasgelê terwyl hy die perseel betree het.

Mokse Engineering vra die gemeenskap om op die uitkyk te wees vir die verdagte.

Inwoners met inligting oor wie hy is en waar hy gevind kan word kan Mokse skakel by 013 246 2072.

• Daar is ook vanmore omstreeks 02:00 deur inbrekers in Kanonkop, tyens beurtkrag, toegeslaan waartydens derduisende se elektronika gebuit is.
We Repair, wat uit ’n huis in Oribistraat bedryf word, sê dat 14 skootrekenaars, duut Plasystations en XBoxes, sowel as verskeie selfone gesteel is.

*Kennisgewing: Koronavirus verslaggewing deur Caxton Local Media poog om fopnuus te kniehalter
Beste leser,
As jou plaaslike nuusverskaffer is dit ons plig om jou ingelig te hou van alle feite rakende COVID-19. Baie fopnuus doen die rondte aanlyn. Caxton Local Media werk gedetermineerd deur massas beskikbare inligting met die doel om waarheid van leuens te onderskei. Sodoende hou ons jou ingelig.
Ons plaaslike nuuskantore volg ‘n streng protokol wanneer dit kom by nuuswerwing en publikasie. ‘n Nasionale taakspan is daargestel om seker te maak dat jy geloofwaardige nuus oor die koronavirus kry.
Lesers met navrae of kommentaar kan ons nasionale groepredakteur, Irma Green (irma@caxton.co.za) of regsadviseur Helene Eloff (helene@caxton.co.za) kontak.
Het jy ’n nuuswenk?
Skakel ons redaksiekantoor op 013 243 1434 of ons bystand nommer, vir noodgevalle na werksure, by 072 248 3855 om jou storie met ons te deel.
Volg ons op die Middelburg Observer Facebook groep of blad of stuur ’n whatsapp na 072 248 3855 met die woorde “add me” vir nuusflitse en ander relevante nuus.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button