News

Misdadigers gebruik stil strate om toe te slaan

Aandklokreël? Nie vir misdadigers nie!

Misdadigers steur hulle nie aan die aandklokreël dat niemand na 21:00 op straat mag wees nie en het die afgelope maand by vier huise in Leipoldtstraat (Gholfsig, Middelburg) toegeslaan.

’n Inwoner van dié straat (wat anoniem wil bly) sê hulle het vroeg in Desember sy twee honde vergiftig en sy bure se vier fietse gesteel.
Die selfde tyd het ’n inwoner sy voertuig op bakstene gekry toe diewe met sy wiele weg gekom het.

2021 het pas begin, toe word daar weer toegeslaan. Verlede Vrydag is ’n voertuig se wiele gesteel en laasnag het die boewe weer ’n voertuig op plaveiselstene staan gemaak om weg te kom met wiele.

Inwoners sê dat die ligte wat af is in ’n gedeelte van die straat, lang gras en dat daar nie polisiëring is in die omgewing nie, dra by tot die misdaad.

Rdl. Jos Pretorius sê hy gaan geen negatiewe woord sê van ons dorp se elektrisiteitsafdeling nie.

“Toe die substasie ontplof het, het hulle dag en nag gewerk. Laasnag was daar probleme met kabels in groot gedeeltes van ons dorp en het hulle weer dwarsdeur die nag gewerk.”

Alhoewel die elektrisiteitsafdeling minder mense het wat skofte werk weens die grendelstaat, hulle steeds die ekstra myl loop om elke dag elke probleem met kabels aan te spreek.

Soos met vorige diefstalle, het die wieldiewe laasnag plaveiselstene uitgehaal en die voertuig daarop staan gemaak.

“Wat is op hierdie stadium belangriker? Die lig wat in die straat nie werk nie of om eerder kos te maak en te weet jou vrieskaste loop nie af nie? Ons ouens van die elektriese afdeling werk regtig hard en ek gaan nié met hulle baklei as hulle weens die geweldige werkslading dalk nie by ’n straatlig kan uitkom nie!”

Hy het ook ’n pluimpie gegee vir die munisipaliteit se parke-afdeling. “Toe ek navraag doen oor die lang gras, is ek verseker dat die kontrakteur reeds begin sny het in Clubville en Gholfsig kort daarna sal volg. Mense, ons kan regtig nie kla oor die diens wat ons kry nie!”

Oor die misdaad in die area, is hy van mening dat die munisipale polisie ingespan kan word om bedags in die area patrollies te ry.

“Dis nie net Leipoldtstraat wat ’n brandpunt is nie! In AG Visser is daar die afgelope tyd talle voorvalle waar diewe oor mure gespring het.”
Hy voel mense moet ook betrokke raak by noodgroepe.

Rdl. Pretorius sê daar kan aan die polisie gerapporteer word as ’n spesifieke area ’n misdaad brandpunt is.

“As jy in die aande na 21:00 mense in die strate sien, bel die polisie, want hulle mag nie daar wees nie!”

• Op 15 Januarie is daar gedurende die nag om 02:00 toegeslaan by ’n huis in Kanonkop en tussen 05:00 en 06:00 by Mokse Engineering.

Daar is derduisende se elektronika gebuit by “We Repair”, wat uit ’n huis in Oribistraat bedryf word. Daar is 14 skootrekenaars, duur Plasystations en Xboxes, sowel as verskeie selfone gesteel.

By Mokse Engineering is koperkabels van meer as R100 000 gesteel. Op 11 Desember verlede jaar het dieselfde dief ook kabels by dié besigheid gesteel. Hy is tydens albei inbrake op CCTV Videokameras vasgevang.

• Die afgelope paar maande het wieldiewe in al die uitbreidings van die dorp toegeslaan. Hul visier is hoofsaaklik op 17 en 18 duim wiele.

 

*Kennisgewing: Koronavirus verslaggewing deur Caxton Local Media poog om fopnuus te kniehalter
Beste leser,
As jou plaaslike nuusverskaffer is dit ons plig om jou ingelig te hou van alle feite rakende COVID-19. Baie fopnuus doen die rondte aanlyn. Caxton Local Media werk gedetermineerd deur massas beskikbare inligting met die doel om waarheid van leuens te onderskei. Sodoende hou ons jou ingelig.
Ons plaaslike nuuskantore volg ‘n streng protokol wanneer dit kom by nuuswerwing en publikasie. ‘n Nasionale taakspan is daargestel om seker te maak dat jy geloofwaardige nuus oor die koronavirus kry.
Lesers met navrae of kommentaar kan ons nasionale groepredakteur, Irma Green (irma@caxton.co.za) of regsadviseur Helene Eloff (helene@caxton.co.za) kontak.
Het jy ’n nuuswenk?
Skakel ons redaksiekantoor op 013 243 1434 of ons bystand nommer, vir noodgevalle na werksure, by 072 248 3855 om jou storie met ons te deel.
Volg ons op die Middelburg Observer Facebook groep of blad of stuur ’n whatsapp na 072 248 3855 met die woorde “add me” vir nuusflitse en ander relevante nuus.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button