News

En daar gaan die diewe met nóg wiele

Diewe is besig om ál die Middelburgers se wiele weg te dra!

Daar word nou al maande geskryf dat boewe in al die uitbreidings van die dorp wiele steel. In bykans al die gevalle lig die diewe plaveiselstene op en laat die voertuie daarop staan, nadat die wiele gesteel is.

Dinsdagaand is daar vir die derde keer wiele gesteel in Leipoldtstraat in Gholfsig.

Www.mobserver.co.za het pas verneem dat daar dieselfde nag wiele in Eugene Maraisstraat gesteel is.

Lees ook: Misdadigers gebruik stil strate om toe te slaan

Mnr. Frans Hattingh sê hulle het die hek van die spoor afgehaal om in die erf te kom.

Wat vir hom vreemd is, is dat hul twee worshonde en Deense hond (Great Dane) nie geblaf het nie. Hulle is juis aan die agterkant van die erf, omdat hulle bang is vir vergiftigings.

In vorige berigte is gemeld dat die boosdoeners hulle toespits op 17 en 18 duim wiele. In mnr. Hattingh se geval, is 20 duim wiele gesteel.

Om die wiele en vellings te vervang, gaan tussen R25 000 en R30 000 beloop.

 
Back to top button