News

‘Operasie’ van etlike ure om bye te skuif

Twee byeboere het Maandagaand baie versigtig ’n groot swerm bye, wat nes gemaak het in ’n reuse boom in Kogelstraat naby Laerskool Staatspresident C.R. Swart, verwyder.

Martin Nel en Francois Erasmus het al om 18:30 plek gemaak onder die boom, waar hulle ’n seil en ’n byekas neergesit het om die bye veilig te skuif.

’n Joernalis van www.mobserver.co.za, asook lede van die Noodgroep Radiogroep Sektor 3 en reaksielede van CSC Tactical het kort daarna by hulle aangesluit.

Mnr. Martin Nel besig om die rookpompie aan die brand te steek met dennenaalde.

Mnr. Nel het die hele tyd verduidelik wat hulle doen, sodat die lede en hul kinders presies kon volg hoe die byeboere werk.

Heel eerste het hulle die rookkannetjies met dennenaalde volgeprop en aangesteek om ’n rokie te vorm.

 

Daarna het die twee hul beskermende drag aangetrek en is mnr. Nel met ’n lang leer teen die boom op. Mnr. Erasmus het op die grond op die seil gewag.
Gewapen met ’n mes, emmer en tou het die lang proses om die bye te skuif begin.

Hope bye en heuningkoeke is in emmers afgestuur, die heuning is aan ’n sakeman, wat hulle van die bye in die boom vertel het, geskenk.

Mnre. Martin Nel en Francois Erasmus net voor hulle met die ure lange operasie begin het om die swerm bye uit die boom uit te haal en te skuif.

Die sakeman was self daar en het kort-kort nader gehardloop en ’n paar kwaai bye trotseer, om van die heuning by die byeboere te vat.

Mnr. Nel het ’n rukkie later uit die boom uit geskree dat hy die volgende koeke, wat hy “bloedkoeke” genoem het, afstuur. Hy het verduidelik dat dié koeke met eiers gevul is en nie geëet kan word nie.

 

Hy was nog besig om die reuse sigbare swerm los te maak, toe hy opmerk dat daar tussen die takke aan die agterkant nog ’n groot deel van die swerm sit en moes hulle ook dié uithaal.

“Ek het die media genooi, sodat mense kon sien wat ons as byeboere op byna ’n daaglikse basis doen. Ons klim partykeer op die snaaksste plekke in om bye uit te haal om te verseker dat mens en dier veilig is.”

Hulle was tot omstreeks middernag besig.

Alhoewel hulle die bye na ’n plaas geskuif en in ’n byekas gesit het, het hy laggend genoem dat bye, “soos ’n vroumens, maar wispelturig is en soms dadelik uit die byekas trek na ’n ander plek toe.

Mnr. Nel het gewaarsku dat bye nou uiters aggressief is, omdat hulle trek voor die winter en hul neste wil beskerm.

Mense moet onder geen omstandighede self bye probeer uithaal, gif of selfs rook by die bye spuit nie, want dit kan hulle laat aanval.

Persone wat bye wil laat uithaal, kan mnr. Nel bel by 083 655 0179.

 

*Kennisgewing: Koronavirus verslaggewing deur Caxton Local Media poog om fopnuus te kniehalter
Beste leser,
As jou plaaslike nuusverskaffer is dit ons plig om jou ingelig te hou van alle feite rakende COVID-19. Baie fopnuus doen die rondte aanlyn. Caxton Local Media werk gedetermineerd deur massas beskikbare inligting met die doel om waarheid van leuens te onderskei. Sodoende hou ons jou ingelig.
Ons plaaslike nuuskantore volg ‘n streng protokol wanneer dit kom by nuuswerwing en publikasie. ‘n Nasionale taakspan is daargestel om seker te maak dat jy geloofwaardige nuus oor die koronavirus kry.
Lesers met navrae of kommentaar kan ons nasionale groepredakteur, Irma Green (irma@caxton.co.za) of regsadviseur Helene Eloff (helene@caxton.co.za) kontak.
Het jy ’n nuuswenk?
Skakel ons redaksiekantoor op 013 243 1434 of ons bystand nommer, vir noodgevalle na werksure, by 072 248 3855 om jou storie met ons te deel.
Volg ons op die Middelburg Observer Facebook groep of blad of stuur ’n whatsapp na 072 248 3855 met die woorde “add me” vir nuusflitse en ander relevante nuus.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button