News

‘Terug werk toe’ Covid toetse onnodig

As jy positief getoets het vir Covid 19, gaan jou toetse tot 42 dae nog positief wys en dit help nie om te gaan vir ’n “terug werk toe” toets nie!

So sê dr. Redge van Rensburg.

Hy sê die “terug werk toe” toetse wat groot besighede aanvra, is ’n onding.

“Niemand kan iemand vir 42 dae by die huis laat bly nie! Maar as hy positief was en hy toets weer na twee weke, gáán hy nog positief toets, al kan hy nie meer ander aansteek nie.”

Hy moet voortdurend briewe skryf vir maatskappye om hulle in te lig dat hy nié pasiënte weer gaan laat toets as hulle reeds positief getoets het nie.

“Dit plaas ekstra druk op die stelsel, wat pasiënte moet toets wat werklik siek is en moet wag vir die uitslae. Jy moet die lang rye sien hier buite en die helfte van hulle is mense wat gaan vir daardie ‘terug werk toe’ toetse!”

Die goue reël is, as die pasiënt wat die virus gehad het na 14 dae gesond genoeg is om te werk, kan hy beslis weer teruggaan werk toe, want hy sal niemand kan aansteek nie.

Daar is egter gevalle waar pasiënte, wat onderliggende siektes het, baie siek word en langer behandeling nodig het, wat dan nie kan terugkeer werk toe nie. Maar selfs in hierdie gevalle is dit onnodig om die pasiënt weer te toets vir die virus voor hy terugkeer werk toe.

• Die afgelope tyd is daar ook riemtelegramme dat mense die virus weer en weer kan kry. En selfs baie siek kan word.

Dr. Van Rensburg sê hulle het uit ondervinding met pasiënte die afgelope paar maande gevind dat pasiënte wat die virus gehad en herstel het, beslis teenliggaampies teen die virus opbou.

“Soos enige ander virus, kán jy die virus weer kry as jy daarvan herstel het, maar jy sal nie weer só siek word nie. As jy egter positief was en jy toets binne die 42 dae weer, is dit nie omdat jy die virus wéér gekry het nie. Jou toets is net nog positief.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button