Blondekoppie spook by paramedikus
’n Man wat met ’n pragtige blondekop dogtertjie aan die hand eers op die N4 en later op die Bethalpad opgemerk is, spook by ’n paramedikus.
Die paramedikus (wat verkies om anoniem te bly) het ’n pasiënt vervoer en vanoggend die man met die blondekopdogtertjie op die N4 naby die Bethalpad afrit opgemerk.
Dit was omstreeks 11:45, maar omdat hy met ’n ambulans ry, mag hy hulle nie ’n geleentheid aangebied het nie.
Vanmiddag omstreeks 15:45 het hy dieselfde man met dogtertjie op die Bethalpad, van die Middelburg Mall na die N4 se rigting, langs die pad gesien.
“Dink hoe warm en moeg is daardie kind! Iemand soos die CMR sal moet ingryp! Die kind is bitter klein, dalk al in die laerskool, maar ek dink nog jonger!”
• Die paramedikus sê hy het nêrens op die pad ’n voertuig gesien wat moontlik onklaar kon geraak het nie.
*Kennisgewing: Koronavirus verslaggewing deur Caxton Local Media poog om fopnuus te kniehalter
Beste leser,
As jou plaaslike nuusverskaffer is dit ons plig om jou ingelig te hou van alle feite rakende COVID-19. Baie fopnuus doen die rondte aanlyn. Caxton Local Media werk gedetermineerd deur massas beskikbare inligting met die doel om waarheid van leuens te onderskei. Sodoende hou ons jou ingelig.
Ons plaaslike nuuskantore volg ‘n streng protokol wanneer dit kom by nuuswerwing en publikasie. ‘n Nasionale taakspan is daargestel om seker te maak dat jy geloofwaardige nuus oor die koronavirus kry.
Lesers met navrae of kommentaar kan ons nasionale groepredakteur, Irma Green (irma@caxton.co.za) of regsadviseur Helene Eloff (helene@caxton.co.za) kontak.
Het jy ’n nuuswenk?
Skakel ons redaksiekantoor op 013 243 1434 of ons bystand nommer, vir noodgevalle na werksure, by 072 248 3855 om jou storie met ons te deel.
Volg ons op die Middelburg Observer Facebook groep of blad of stuur ’n whatsapp na 072 248 3855 met die woorde “add me” vir nuusflitse en ander relevante nuus.