News

Misterieuse rooi gloed bedek die naglug

En toe word die nag skielik dag en ’n bejaarde inwoner wil weet wie het dit ook gesien.

Wat se rooi gloed het Sondagaand vir die 93-jarige tannie Pieternella du Preez, jarelange inwoner, so verstom? Sy is bekend met die dorp en kan nie verstaan waarom sy vir die eerste keer die eienaardige rooi gloed in die laat nagtelike ure gesien het nie. Elke aand, voor sy bed toe gaan, loer sy by die venster uit, om vir die wolke te kyk. Gisteraand was een so aand, toe sy om 22:00 uit haar kamer by St. Josephs Tehuis, vir die naglug gestaar het, was die wolke baie helder. Dit is nie volmaan nie, maar tog was daar ’n misterieuse rooi en oranje gloed wat in die westelike horison, weg van Columbus Stainless se rigting, oor die dorp gehang het. “Dit het gelyk soos ’n sonsondergang, maar 22:00 in die aand, in die verkeerde rigting van Columbus of Samancor?” Me. Du Preez wil weet of ander inwoners dit ook gesien het en of die weer dalk die rede is vir die snaakse rooi gloed in die lug.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button