News

Blondekoppie se ma praat

“Sy is haar pa se blue eyed girl en hoe sê jy vir haar sy mag nie saam met hom loop nie!”

So sê die ma van die blonde dogtertjie wat gister deur ’n paramedikus gesien is, waar sy saam met ’n man op die N4 en later op die Bethalpad stap.

Die paramedikus het www.mobserver.co.za gebel nadat hy die kind saam met ’n man sien loop het. Hy was baie bekommerd oor die kind se welstand.

“Dis ons dogtertjie en sy loop saam met haar pa!” het die kind se ma gesê.

Sy wou nie haar naam bekend maak nie, ook nie hoe oud die dogtertjie is of waar hulle bly nie.

Talle mense het laat weet dat hulle die man en kind al sien loop het. ’n Motoris (wat anoniem wil bly) het laat weet dat hy die pa en dogtertjie op die N4 naby Ultra City gekry het laat in Desember. Hy het hulle opgelaai en afgelaai waar hulle bly.

Lees ook: Blondekoppie spook by paramedikus

“Die man het gesê hy is haar pa en wag tans vir ’n werksonderhoud in Middelburg.”

Volgens die dogtertjie se ma, is dit nie mishandeling as die kind saam met haar pa loop nie.

“Dis hoe die lewe is. Ek ken my regte. As sy vyf kilometer op die erf kan rondhardloop, hoekom mag sy nie saam met haar pa die vyf kilometer km loop nie?”

Die vrou het gesê dat die dogtertjie “baie leer” om so saam met haar pa te loop.

“Sy leer hoe om op ’n hoofweg te loop. Sy leer ook van die veld. Sy ervaar so baie dinge.”

Die egpaar was baie omgekrap omdat mense hulle oordeel oor die gebeure.

“Ons wil nie jammer gekry word nie. Ons het ’n blyplek, maar nie vervoer nie. My man steel nie en hy bedel nie. Ons maak kruisies en ander artikels uit bamboes uit en dan verkoop hy dit. Hy doen ook herwinning. Ja, ons sukkel ’n bietjie. So as mense regtig wil help, kan hulle dalk vir hom ’n fiets met ’n sleepwaentjie skenk, of hom net bedags ’n geleentheid in dorp toe gee.”

Sy het aangedui dat daar “baie liefde in ons huis is en ons leer ons kinders van God. Dis net hoe die lewe is.”

*Kennisgewing:

Koronavirus verslaggewing deur Caxton Local Media poog om fopnuus te kniehalter

Beste leser,

As jou plaaslike nuusverskaffer is dit ons plig om jou ingelig te hou van alle feite rakende COVID-19. Baie fopnuus doen die rondte aanlyn.

Caxton Local Media werk gedetermineerd deur massas beskikbare inligting met die doel om waarheid van leuens te onderskei. Sodoende hou ons jou ingelig.

Ons plaaslike nuuskantore volg ‘n streng protokol wanneer dit kom by nuuswerwing en publikasie.

‘n Nasionale taakspan is daargestel om seker te maak dat jy geloofwaardige nuus oor die koronavirus kry.

Lesers met navrae of kommentaar kan ons nasionale groepredakteur, Irma Green (irma@caxton.co.za) of regsadviseur Helene Eloff (helene@caxton.co.za) kontak.

Het jy ’n nuuswenk?

Skakel ons redaksiekantoor op 013 243 1434 of ons bystand nommer, vir noodgevalle na werksure, by 072 248 3855 om jou storie met ons te deel.

Volg ons op die Middelburg Observer Facebook groep of blad of stuur ’n whatsapp na 072 248 3855 met die woorde “add me” vir nuusflitse en ander relevante nuus.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button