AfriForum ruim Ouhoutbossie-monument in Dullstroom op
Die AfriForum-tak in Dullstroom het op 20 Januarie 2021 die Ouhoutbossie-monument skoongemaak.

Lede van die Dullstroom-gemeenskap en die AfriForum-tak het die area rondom die monument opgeruim en die gras korter gesny. Al die onkruid op die monument is ook uitgetrek en daar is gif rondom die monument gespuit om te verhoed dat nog onkruid daar groei.
Die Slag van Ouhoutbossie het op 19 Desember 1901 plaasgevind nadat die kommando van Generaal Christiaan Muller die Engelse berede eenheid in die nag aangeval het. Die boerekommando het die aanval vanuit drie rigtings geloods en nege boere het tydens die slag omgekom.
“Hierdie projekte is belangrik omdat ons monumente se toestande daagliks verswak, min tot geen onderhoud plaasvind nie en ons erfenis verlore gaan,” sê Gerhard Delport, verteenwoordiger vir AfriForum in Dullstroom.
AfriForum gaan ook in Maart vanjaar met insette van die Erfenisstigting ’n monumentoudit doen wat ten doel het om die toestand van Afrikaner-monumente te bepaal en projekte te reël om hierdie monumente skoon te maak en te herstel.
Raak by jou naaste AfriForum-tak betrokke: SMS jou naam na 45350 (R1).
Beste leser,
As jou plaaslike nuusverskaffer is dit ons plig om jou ingelig te hou van alle feite rakende COVID-19. Baie fopnuus doen die rondte aanlyn. Caxton Local Media werk gedetermineerd deur massas beskikbare inligting met die doel om waarheid van leuens te onderskei. Sodoende hou ons jou ingelig.
Ons plaaslike nuuskantore volg ‘n streng protokol wanneer dit kom by nuuswerwing en publikasie. ‘n Nasionale taakspan is daargestel om seker te maak dat jy geloofwaardige nuus oor die koronavirus kry.
Lesers met navrae of kommentaar kan ons nasionale groepredakteur, Irma Green (irma@caxton.co.za) of regsadviseur Helene Eloff (helene@caxton.co.za) kontak.
Het jy ’n nuuswenk?
Skakel ons redaksiekantoor op 013 243 1434 of ons bystand nommer, vir noodgevalle na werksure, by 072 248 3855 om jou storie met ons te deel.
Volg ons op die Middelburg Observer Facebook groep of blad of stuur ’n whatsapp na 072 248 3855 met die woorde “add me” vir nuusflitse en ander relevante nuus.
