News

Gebede vir motorfietsryer nadat hy tot in plaas gestamp is

Die motorfietsryer wat Saterdag ernstig beseer is nadat ’n Golf GTI ’n trok op ’n sperstreep by Milly's Russtop op die N4 wou verbysteek, is steeds in ’n ernstige toestand in Rob Ferreira Hospitaal.

Beide mnr. Jeffrey Pienaar se arms sal met plate en skroewe geheg word, nadat hy erge breuke opgedoen het.

Hy is so hard deur die Golf getref, dat hy oor die pad, in aankomende verkeer verby gerol het, en te lande gekom het anderkant die grensheining van ’n plaas. Die impak van die botsing was so hard dat mnr. Pienaar se motorfiets in twee gebreek het.

Hy het ook ernstige kopbeserings opgedoen en een van sy groottone is afgeskeur.

Sy vriende, wat saam met hom vroeër die dag by ’n vriend wat Machadodorp toe verhuis het gaan kuier het, het ’n halfmaan om hom gevorm waar hy in die gras gelê het, toe die bestuurder van die Golf en ’n passasier op mnr. Pienaar wou toesak na die botsing.

Die Golf se insittendes wou met alle mag by die motorfietsryer uitkom en talle versoeke om hom uit te los totdat die ambulans opdaag geïgnoreer, waarna ’n gestamp en gestoot tussen hulle en ’n groep motorfietsryers, waaronder mnr. Lean Venter en Dolfie le Grange, uitgebreek het.

Dit het in ’n vuisgeveg ontaard wat deur ’n ander motoris met ’n selfoon afgeneem is.

Mnr. Venter sê dat hulle soos die sondebokke lyk omdat die voorafgaande gebeure nie opgeneem is nie.

Beide hy en mnr. Le Grange het Woensdag vlugtig in die Belfast Landdroshof verskyn op klagtes van poging tot moord, aanranding en opsetlike saakbeskadiging.
Mnr. Venter sê dat ’n groep van meer as 20 motorfietsryers die vriend wat Machadodorp toe verhuis het, ’n laaste maal gaan afsien het.

Op pad terug het die Golf die trok op ’n sperstreep probeer verbysteek, maar skielik terug in die baan in waar mnr. Pienaar was gery en hom gestamp.

Die Golf het ’n ent verder afgetrek en die twee insittendes het dadelik uitgespring en na mnr. Pienaar, om wie die motorfietsryers ’n halfmaan gevorm het, gehardloop.

Mnr. Venter sê hulle wou hom konfronteer oor skade aan die Golf.

Die motorfietsryers het op hierdie stadium reeds die ambulansdienste en polisie na die toneel ontbied voordat die bakleiery uitgebreek het.

Na die bakleiery is beide die insittendes van die Golf en die groep motorfietsryers na die Belfast Polisiestasie waar die motorfietsryers met die intrapslag in die wapen van ’n polisieman vasgeloop het.

Lees ook: WATCH: Bikers assault motorist on N4

Die groep het uitmekaar gespat nadat die wapen op hulle gerig is, waartydens ’n ander polisieman glo met ’n wit bakkie wat saam met die geselskap was, gestamp is.

Mnr. Venter sê dat iemand anders met sy motorfiets, waarop hy self polisiestasie toe gery het, gevlug het.
Hy moes toe die bakkie wat agter gelaat is terug bestuur na die botsingtoneel toe.

Derhalwe het die polisie hom verkeerdelik as die drywer van die bakkie aangesien, sê mnr. Venter.

Terug by die toneel het die groep motorfietsryers hul beseerde vriend in Milly’s se parkeerterrein gevind, waar paramedici by mnr. Pienaar gewaak het totdat die helikopter hom kom haal en na Rob Ferreira vervoer het.

Daar het die hele groep motorfietsryers ’n gebedsketting om mnr. Pienaar gevorm en vir hom gebid.

Mnr. Venter sê hy het bloot aan die motoris wat die video geneem het se karvenster gaan slaan om te hoor waarom hulle nie eerder stop om hulp te verleen nie.

“Dis maklik om op grond van ’n paar sekondes se beeldmateriaal vinger na ons toe te wys, was die volle gebeure opgeneem was ons nou kwytgeskeld,” sê mnr. Venter.

Hulle kon nie teenklagtes teen die motoris lê nie, want die polisie wou nie na hulle weergawe van gebeure luister nie.

Mnr. Venter sal nou met behulp van sy prokureur ’n saak teen die motoris en sy passasier gaan lê.

“’n Saak het altyd twee kante, hoekom sal ons as so groot groep motorfietsryers bloot net op twee mans toesak, dis mos nie regverdig baklei nie,” sê mnr. Venter.

“Die motoris het roekeloos en nalatig bestuur, en hy het erken dat hy oor ’n sperstreep op ’n nou en besige gedeelte van die N4 ’n trok wou verbysteek.”

• Volgens ’n berig vanmore op www.timeslive.co.za beweer die motoris dat die motorfiets van agter af teen hom vasgery het.

Die webblad het met Tshego Ngubeni gepraat, wie se man Melvin, na bewering aangerand is. Volgens Ngobeni was hulle op pad na Gauteng toe die motorfietsryer teen haar man en swaer gebots het.

 

 

* Notice: Coronavirus reporting at Caxton Local Media aims to combat fake news

Dear reader,

As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments.

As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online.

Caxton Local Media is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol.

A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19.

Readers with any comments or queries may contact National Group Editor Irma Green (irma@caxton.co.za) or Legal Adviser Helene Eloff (helene@caxton.co.za).

Do you have a news lead?

Contact our editorial office on 013 243 1434 or our standby number for emergencies on 072 248 3855 to share your story with us.

Follow us on the Middelburg Observer Facebook group or page or send a whatsapp to 072 248 3855 with the words “add me” for the latest news.

You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button