Sopnat gesondheidswerkers doen Covid-19 toetse in reën
’n Plaaslike inwoner, mnr. Martin Nel, het dit op hom geneem om vir die voorfront gesondheidswerkers te baklei, en vra die gemeenskap vir hulp nadat hy vanoggend gesien het hoe susters van plaaslike patologiepraktyke, Covid-19 toetse op inwoners doen in die gietende reën.
“Ek was verstom om te sien hoe die susters in die reën staan en Covid-19 depper-toetse by inwoners in hulle voertuie neem.
Hy sê die gemeenskap behoort die hoogste respek vir dié voorfront werkers te hê.
“Waar’s die weermag met hul tente?” vra mnr. Nel.
Hy sê dat hy aan die susters belowe het dat hy die saak sal verder voer.
“Ek voel daar is genoeg plaaslike besighede wat minstens ’n gazebo kan borg in sulke gevalle,” sê mnr. Nel.
Monsters word buite die praktyke geneem om kontak met gesondheidswerkers te beperk.
By die skeepvraghouer van die Gesondheidsdepartement agter Gebou 1 van Life Midmed se dokterskantore, het gesondheidswerkers bevestig dat hulle ook nie pasiënte in die houer mag toets nie, maar uit moet gaan.
Mnr. Nel vra dat besighede met ongebruikte Gazebo’s, dit aan die verskeie patologiedienste skenk of leen, sodat hulle uit die reën kan kom.
“Ons kan nie bekostig dat hulle siek raak nie,” sê mnr. Nel.
Diegene wat saamstem en iets aan die susters se lot wil doen kan Gerhard Rheeder by die redaksiekantoor van die Middelburg Observer by 013 243 1434 skakel.
*Kennisgewing: Koronavirus verslaggewing deur Caxton Local Media poog om fopnuus te kniehalter
Beste leser,
As jou plaaslike nuusverskaffer is dit ons plig om jou ingelig te hou van alle feite rakende COVID-19. Baie fopnuus doen die rondte aanlyn. Caxton Local Media werk gedetermineerd deur massas beskikbare inligting met die doel om waarheid van leuens te onderskei. Sodoende hou ons jou ingelig.
Ons plaaslike nuuskantore volg ‘n streng protokol wanneer dit kom by nuuswerwing en publikasie. ‘n Nasionale taakspan is daargestel om seker te maak dat jy geloofwaardige nuus oor die koronavirus kry.
Lesers met navrae of kommentaar kan ons nasionale groepredakteur, Irma Green (irma@caxton.co.za) of regsadviseur Helene Eloff (helene@caxton.co.za) kontak.
Het jy ’n nuuswenk?
Skakel ons redaksiekantoor op 013 243 1434 of ons bystand nommer, vir noodgevalle na werksure, by 072 248 3855 om jou storie met ons te deel.
Volg ons op die Middelburg Observer Facebook groep of blad of stuur ’n whatsapp na 072 248 3855 met die woorde “add me” vir nuusflitse en ander relevante nuus.
