Knoesen terrorismesaak uitgestel tot Maart
Die voormalige ACDP raadslid, pastoor en beweerde “terroris”, Harry Knoesen, het vandag vlugtig in die streekhof verskyn waar hy teregstaan op ’n string klagtes wat verband hou met ’n gefnuikte plan om die regering met geweld uit die kussings te lig.
Knoesen en sy groep, die Crusaders, het na bewering beplan om talle sleutelpunte, insluitende polisiestasies, op te blaas.
Twee van sy medebeskuldigdes, Erol en Eric Abrams, is reeds elk tot agt jaar effektiewe tronkstraf gevonnis.
’n Vriendin van Knoesen, Riana Heymans, is ook aanvanklik aangekla, maar die saak teen haar is laat vaar terwyl Heymans moontlik ook as staatsgetuie teen Knoesen ingespan sal word.
Knoesen sal weer in Maartmaand in die streekhof verskyn.
Hy bly in aanhouding.
*Kennisgewing: Koronavirus verslaggewing deur Caxton Local Media poog om fopnuus te kniehalter
Beste leser,
As jou plaaslike nuusverskaffer is dit ons plig om jou ingelig te hou van alle feite rakende COVID-19. Baie fopnuus doen die rondte aanlyn. Caxton Local Media werk gedetermineerd deur massas beskikbare inligting met die doel om waarheid van leuens te onderskei. Sodoende hou ons jou ingelig.
Ons plaaslike nuuskantore volg ‘n streng protokol wanneer dit kom by nuuswerwing en publikasie. ‘n Nasionale taakspan is daargestel om seker te maak dat jy geloofwaardige nuus oor die koronavirus kry.
Lesers met navrae of kommentaar kan ons nasionale groepredakteur, Irma Green (irma@caxton.co.za) of regsadviseur Helene Eloff (helene@caxton.co.za) kontak.
Het jy ’n nuuswenk?
Skakel ons redaksiekantoor op 013 243 1434 of ons bystand nommer, vir noodgevalle na werksure, by 072 248 3855 om jou storie met ons te deel.
Volg ons op die Middelburg Observer Facebook groep of blad of stuur ’n whatsapp na 072 248 3855 met die woorde “add me” vir nuusflitse en ander relevante nuus.
