News

Bruisende watermassa spoel oor houtbruggie waaroor bruide gewoonlik stap

Waar bruide gewoonlik oor die pragtige houtbruggie by die Mellow Stream Trou Venue oor die Witspruitstroom stap, het ’n bruisende rivier gister oor gespoel. Volgens me. Fransien Myburgh het die water binne 20 minute só gestyg!

Wonder bo wonder het dié bruggie, wat deur haar man, Chris, gebou is, vanoggend nog gestaan.

Die dreunende water het bo-oor die houtbruggie gespoel.

Dit was egter nie die enigste oorstromings in die Laersdrif omgewing nie.

Op Witpoort (tussen Stoffberg en Tonteldoos) naby Valley of the Rainbow het die brug ook weggespoel en het twee boere, MJ O’Grady en Japie du Toit, ’n poging aangewend om dit self te herstel, maar dit het net weer weggespoel.

Die Modderspruit op Laersdrif is ook in vloed.

’n Paar kilomter verder, op die R555, is die Modderspruit ook in vloed. Mense wat in die omgewing bly, sê dit is die eerste keer dat hulle dié spruit in so ’n siedende massa sien.

Die houtbruggie en Witpoortstroom soos dit gewoonlik lyk by Mellow Stream Trou Venue.
Die stroom het in ’n bruisende rivier verander.
Die siende stroom water, soos dit verby Mellow Stream gekom het.
Met die baie reën gister, het die water tot teen die gebou opgestoot.
Dit is die eerste keer dat die Modderspruit sy walle só erg oorspoel.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button