News

Treineman se lang pad van herstel met Covid-19 virus

Die man wat al vir maande spook om ’n treinmuseum in Middelburg te vestig, Johan Janse van Rensburg, is platgetrek met die Covid-19 virus.

En alhoewel hy na bykans drie weke in die Life Midmed Hospitaal tuis is, moet hy steeds suurstof gebruik.

Johan is op 24 Desember 2020 hospitaal toe, “toe ek nie asem kon kry nie en begin bloed hoes het. Ek het het nie allerhande onderliggende siektes nie. Ek rook nie en het net ’n bietjie hoë bloeddruk.”

Hy sê daar was nie plek in die intensiewe eenheid nie en hy is in ’n Covid-19 saal opgeneem.

“Van die eerste ses dae onthou ek nie veel nie, maar teen die tweede week, wou ek net huistoe. ’n Mens raak depressief in die hospitaal. Die dokter het egter vir my gesê ek sal doodgaan by die huis en het toe maar besluit om nog ’n rukkie vas te byt.”

As hy moet terugdink aan sy tyd in die Life Midmed Hospitaal, is dit die toegewyde werk van die personeel.

“Van die dokters, tot by die verpleegsters, fisioterapeute en die skoonmaakpersoneel werk baie hard. Ek dink nie die gemeenskap besef regtig wat hulle doen nie. Buiten dat hulle hul eie lewens in gevaar stel om Covid pasiënte te help, word daar presiese protokol gevolg. Vat net byvoorbeeld die gebruik van handskoene. Elke keer as hulle met ’n ander pasiënt werk, moet hulle ander handskoene aantrek. Dink net hoeveel keer per dag trek hulle handskoene aan en uit!”

Dit is egter die manier wat hulle pasiënte hanteer, wat hom altyd sal bybly.

“Pasiënte raak weens die siekte geïrriteerd en emosioneel, maar hulle bly altyd simpatiek en geduldig. Ek onthou een spesifieke dag kon ek nie asem kry nie, waarop ’n suster by my kom sit, my hand gevat en my rustig gemaak het, tot ek beter gevoel het.”

Hy glo dit is ook nie maklik vir die personeel as die mense wat hulle met soveel liefde versorg, wel weens die virus sterf nie.

“Ons as pasiënte het paniekerig geword as hulle die deure toemaak, want dan het ons geweet die mense met die wit pakke kom iemand haal wat gesterf het. Dink hoe erg is dit vir die dokters en verpleegsters wat ’n pad met daardie pasiënte in die hospitaal geloop het.”

Met sy tuiskoms, was Johan vir etlike dae op ’n suurstofmasjien en vertel trots dat hy al 12 ure sonder die masjien kan klaarkom. Hy gebruik egter nog suurstof in die nagte.

“Was dit egter nie vir die bekwame span dokters en personeel van die Life Midmed Hospitaal nie, was ek nie vandag hier nie en wil ek uit my hart uit dankie sê!”

 

 

 

*Kennisgewing: Koronavirus verslaggewing deur Caxton Local Media poog om fopnuus te kniehalter

Beste leser,

As jou plaaslike nuusverskaffer is dit ons plig om jou ingelig te hou van alle feite rakende COVID-19. Baie fopnuus doen die rondte aanlyn. Caxton Local Media werk gedetermineerd deur massas beskikbare inligting met die doel om waarheid van leuens te onderskei. Sodoende hou ons jou ingelig.

Ons plaaslike nuuskantore volg ‘n streng protokol wanneer dit kom by nuuswerwing en publikasie. ‘n Nasionale taakspan is daargestel om seker te maak dat jy geloofwaardige nuus oor die koronavirus kry.

Lesers met navrae of kommentaar kan ons nasionale groepredakteur, Irma Green (irma@caxton.co.za) of regsadviseur Helene Eloff (helene@caxton.co.za) kontak.

Het jy ’n nuuswenk?

Skakel ons redaksiekantoor op 013 243 1434 of ons bystand nommer, vir noodgevalle na werksure, by 072 248 3855 om jou storie met ons te deel.

Volg ons op die Middelburg Observer Facebook groep of blad of stuur ’n whatsapp na 072 248 3855 met die woorde “add me” vir nuusflitse en ander relevante nuus.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button