Sluis later vandag oop!
Weens die vinnige styging van die Middelburgdamvlak, het die munisipaliteit pas bekend gemaak dat een van die sluise vandag om 16:00 oopgemaak gaan word.

Vanoggend om 11:00 was die vlak al 93.07%. • Daar word gevra dat mense moet wegbly van die walle van die Klein Olifantsrivier. aangesien hy vinnig sy walle gaan oorstroom sodra die sluis oopgemaak is. *Kennisgewing: Koronavirus verslaggewing deur Caxton Local Media poog om fopnuus te kniehalter Beste leser, As jou plaaslike nuusverskaffer is dit ons plig om jou ingelig te hou van alle feite rakende COVID-19. Baie fopnuus doen die rondte aanlyn. Caxton Local Media werk gedetermineerd deur massas beskikbare inligting met die doel om waarheid van leuens te onderskei. Sodoende hou ons jou ingelig. Ons plaaslike nuuskantore volg ‘n streng protokol wanneer dit kom by nuuswerwing en publikasie. ‘n Nasionale taakspan is daargestel om seker te maak dat jy geloofwaardige nuus oor die koronavirus kry. Lesers met navrae of kommentaar kan ons nasionale groepredakteur, Irma Green (irma@caxton.co.za) of regsadviseur Helene Eloff (helene@caxton.co.za) kontak. Het jy ’n nuuswenk? Skakel ons redaksiekantoor op 013 243 1434 of ons bystand nommer, vir noodgevalle na werksure, by 072 248 3855 om jou storie met ons te deel. Volg ons op die Middelburg Observer Facebook groep of blad of stuur ’n whatsapp na 072 248 3855 met die woorde “add me” vir nuusflitse en ander relevante nuus.
