News

Alles is nat!

Die aarde is deurnat na die deurdringende reën wat oral geval het.

Weens die geweldige reën het die damvlak ook by die uur gestyg en het die munisipaliteit Woensdag kort voor saktyd laat weet dat een van die sluise Woensdag oopgemaak sou word. Teen 11:00 het die vlak op 93.7% gestaan.

Daar is in en om Middelburg tussen 115 en 130mm reën gemeet en op Hendrina (ons opvangsgebied) is 114mm gemeet. ’n Paar inwoners van Belfast het laat weet dat hulle meer as 300mm reën gekry het in die laaste twee weke en het damme en paaie in Belfast en Dullstroom kort-kort oorstroom.

• Die meeste damme het met meer as 20% gestyg vanaf verlede week.

Die ander stand van damme (Maandag gemeet) is as volg: Witbank 95.1% (teen Woensdagoggend al 99% en op die punt om ’n sluis oop te maak),

Bronkhorstspruit 92.3%, Loskop 97.4% (teen Woensdagoggend op die punt om oor te loop), Flag Boshielo 82.9%, De Hoop 92.9%, Nooitgedacht 112.5% en Vygeboom 111.9%.

 

 

 

*Kennisgewing: Koronavirus verslaggewing deur Caxton Local Media poog om fopnuus te kniehalter

Beste leser,

As jou plaaslike nuusverskaffer is dit ons plig om jou ingelig te hou van alle feite rakende COVID-19. Baie fopnuus doen die rondte aanlyn. Caxton Local Media werk gedetermineerd deur massas beskikbare inligting met die doel om waarheid van leuens te onderskei. Sodoende hou ons jou ingelig.

Ons plaaslike nuuskantore volg ‘n streng protokol wanneer dit kom by nuuswerwing en publikasie.

‘n Nasionale taakspan is daargestel om seker te maak dat jy geloofwaardige nuus oor die koronavirus kry. Lesers met navrae of kommentaar kan ons nasionale groepredakteur, Irma Green (irma@caxton.co.za) of regsadviseur Helene Eloff (helene@caxton.co.za) kontak.

Het jy ’n nuuswenk?

Skakel ons redaksiekantoor op 013 243 1434 of ons bystand nommer, vir noodgevalle na werksure, by 072 248 3855 om jou storie met ons te deel.

Volg ons op die Middelburg Observer Facebook groep of blad of stuur ’n whatsapp na 072 248 3855 met die woorde “add me” vir nuusflitse en ander relevante nuus.

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Check Also
Close
Back to top button