Dam en rivier uit lug bekyk
’n Inwoner van Hendrina, mnr. Gawie Steyn, het gisteroggend uit sy vliegtug die Nooitgedachtdam en Vaalwaterspruit, tussen die Nooitgedachtdam en Klein Olifantsrivier, bekyk.

Na al die baie reën was die rivier vol in vloed en het die Nooitgedacht sy walle oorstroom, wat veroorsaak het dat daar water in van die huise langs die dam beland het.

• Die Nooitgedachtdam is Noord van Carolina geleë en voorsien onder andere die Hendrinadorp, Kwazamakuhle, Arnot- en Hendrina Kragstasies van water.


*Kennisgewing: Koronavirus verslaggewing deur Caxton Local Media poog om fopnuus te kniehalter
Beste leser,
As jou plaaslike nuusverskaffer is dit ons plig om jou ingelig te hou van alle feite rakende COVID-19. Baie fopnuus doen die rondte aanlyn. Caxton Local Media werk gedetermineerd deur massas beskikbare inligting met die doel om waarheid van leuens te onderskei. Sodoende hou ons jou ingelig.
Ons plaaslike nuuskantore volg ‘n streng protokol wanneer dit kom by nuuswerwing en publikasie.
‘n Nasionale taakspan is daargestel om seker te maak dat jy geloofwaardige nuus oor die koronavirus kry. Lesers met navrae of kommentaar kan ons nasionale groepredakteur, Irma Green (irma@caxton.co.za) of regsadviseur Helene Eloff (helene@caxton.co.za) kontak.
Het jy ’n nuuswenk?
Skakel ons redaksiekantoor op 013 243 1434 of ons bystand nommer, vir noodgevalle na werksure, by 072 248 3855 om jou storie met ons te deel.
Volg ons op die Middelburg Observer Facebook groep of blad of stuur ’n whatsapp na 072 248 3855 met die woorde “add me” vir nuusflitse en ander relevante nuus.
