Middelburgdam weer oop, maar net vir 100 op ’n slag
Middelburgdam is oop vir die publiek maar streng toegangsregulasies sal geld vir besoekers.
Geen kampeerders sal toegelaat word nie, slegs dagbesoekers.
Groepe sal ook nie toegelaat word nie, om sosiale afstandregulasies in plek te hou.
Slegs oewer en boothengel sal toegelaat word.
’n Maksimum van 100 hengelaars sal daagliks ingelaat word.
Besoekers se temperature sal geneem word met die intrapslag, en hulle sal ook deeglik moet saniteer.
Die gewone dagbesoekers ure sal geld, van Maandae tot Sondae 07:30 tot 16:30.
Algemene toegangsfooie sal gehef word.
*Kennisgewing: Koronavirus verslaggewing deur Caxton Local Media poog om fopnuus te kniehalter
Beste leser,
As jou plaaslike nuusverskaffer is dit ons plig om jou ingelig te hou van alle feite rakende COVID-19. Baie fopnuus doen die rondte aanlyn. Caxton Local Media werk gedetermineerd deur massas beskikbare inligting met die doel om waarheid van leuens te onderskei. Sodoende hou ons jou ingelig.
Ons plaaslike nuuskantore volg ‘n streng protokol wanneer dit kom by nuuswerwing en publikasie.
‘n Nasionale taakspan is daargestel om seker te maak dat jy geloofwaardige nuus oor die koronavirus kry. Lesers met navrae of kommentaar kan ons nasionale groepredakteur, Irma Green (irma@caxton.co.za) of regsadviseur Helene Eloff (helene@caxton.co.za) kontak.
Het jy ’n nuuswenk?
Skakel ons redaksiekantoor op 013 243 1434 of ons bystand nommer, vir noodgevalle na werksure, by 072 248 3855 om jou storie met ons te deel.
Volg ons op die Middelburg Observer Facebook groep of blad of stuur ’n whatsapp na 072 248 3855 met die woorde “add me” vir nuusflitse en ander relevante nuus.
