R50 000 beloning vir inligting oor Raymond Papapavlou moord
Hy is in die kop, drie keer in die sy en een maal in die rug gewond.
’n Beloning van R50 000 word aangebied vir inligting wat sal lei tot die inhegtenisname van Raymond Papapavlou (28) se moordenaar.
Mnr. Papapavlou is vroegoggend op 5 Oktober 2020 in sy bed doodgeskiet op die plaas, Frischgewaagd, in die Rooikraal omgewing tussen Stoffberg en Groblersdal.
Mnr. Papapavlou is vyf keer geskiet terwyl hy gelê en slaap het.
Hy is in die kop, drie keer in die sy en een maal in die rug gewond.
Sy vrou, Simoné, was ook in die huis waar sy glo in die televisiekamer op die bank aan die slaap geraak het.
Www.mobserver.co.za het verneem dat die slaapkamer waar mnr. Papapavlou geskiet is, aan die televisiekamer grens.
Die Groblersdal polisie het na die voorval bevestig dat Simoné, nadat mnr. Papapavlou geskiet is, self sewe waarskuwingskote deur die slaapkamerdeur afgevuur het.
’n Jong vrou, Patricia Ray-Lee Smith (23) is kort na die moord in Gauteng gearresteer.
’n Moordklag word steeds teen haar ondersoek.
Die beloning van R50 000 word nou aangebied vir die oplossing van die moordraaisel wat tot bespiegelinge dat Somoné moontlik betrokke was by die moord, gelei het.
Persone met inligting word gevra om 082 924 0860 te skakel. Alle inligting sal vertroulik hanteer word.
