Middelburgdam sluise oopgemaak terwyl Klein Olifants oor Loskopdamwal woed
Middelburgdam is oop vir die publiek maar net 100 besoekers sal toegelaat word.

Weens die voorstelepende, indringende reën, sal sluise by die Middelburgdam moreoggend 07:00 oopgemaak word.
Sluise is reeds vroeër die week ook gelig na ononderbreekte invloei na die dam vanaf die Hendrina opvangsgebied.
Intussen takel die Klein Olifantsrivier die Loskopdamwal soos ‘n olifant op storm weens die invloei vanaf Middelburg na die vallei en sy boerderye.
Inwoners wat naby die Klein Olifantsrivier bly word gemaan om versigtig te wees namate die rivier vanaf 07:00 swel.
Inwoners word gevra om hul afstand te hou. Middelburgdam is oop vir die publiek maar net 100 besoekers sal toegelaat word.
Die dam se hekke maak 07:30 oop en sluit weer 18:00.
