Twee bejaardes “ingewag, gemartel, vermoor”
Die paartjie is familie van die bekende Belfast elektrisiën, mnr. Pikkie Steyn, by wie daar reeds DNS geneem is vir uitkenning.

‘n Bejaarde paartjie is Vrydagaand op hul kleinhoewe oorval en so onherkenbaar gelaat na die aanval, dat DNS toetse nou moet bepaal of dit wel die verkoolde liggame van me. Duifie Oosthuizen en haar lewensmaat Tas, is.
Die paartjie is familie van die bekende Belfast elektrisiën, mnr. Pikkie Steyn, by wie daar reeds DNS geneem is vir uitkenning.
Die paartjie se huurhuis op ‘n kleinhoewe in Cilvale in die Welbekend omgewing van Bapsfontein, is in ‘n brand na die aanval verwoes.
Daar word vermoed dat tannie Duifie (84) en oom Tas (86), soos hulle bekend was, Vrydagaand buite die huis oorval is.
Baie bloed is buite die huis gekry.
Daarna is hulle in ‘n slaapkamer toegesluit en die huis, in die sitkamer, aan die brand gesteek.
Mnr. Steyn sal more die plaas besoek.
