News

Boewe word ryk met inwoners se wiele!

Daar gaan byna nie ’n week verby wat daar nie wiele op Middelburg (Mpumalanga) gesteel word nie!

Www.mobserver het die afgelope paar maande talle berigte gedoen oor wiele wat gesteel word. Die wieldiewe het in bykans al die gevalle die voertuie staan gemaak op plaveiselstene wat uit uit die erf gehaal word waar die wiele gesteel word.

Saterdagaand is daar vir die soveelste keer wiele in Leipoldtstraat (Gholfsig) gesteel. Dit blyk dat die boewe gepla is, want een van die wiele van die bakkie is agtergelaat.

Dit blyk dat iets die wieldiewe Saterdagaand gepla het, want een van die vier wiele is agtergelaat in Leipoldtstraat.

Dieselfde aand is daar toegeslaan in Springbokstraat (Kanonkop). By een huis het die honde geblaf en het die huiseienaar darem nog sy wiele aan sy voertuig gekry. Die wielmoere was egter reeds losgedraai.

Net ’n entjie verder op in dieselfde straat het die honde omstreeks 21:00 erg geblaf. Die volgende oggend het hulle gesien dat ’n gedeelte van die bure se plaveiselstene opgelig en die voertuig se wiele gesteel is.

• Sedert Desembermaand was daar verskeie voorvalle in Leipoldstraat waar daar ingegaan is by erwe en wiele gesteel is. Daar is ook fietse deur die diewe gebuit.

 

 

 

*Kennisgewing: Koronavirus verslaggewing deur Caxton Local Media poog om fopnuus te kniehalter

Beste leser,

As jou plaaslike nuusverskaffer is dit ons plig om jou ingelig te hou van alle feite rakende COVID-19. Baie fopnuus doen die rondte aanlyn. Caxton Local Media werk gedetermineerd deur massas beskikbare inligting met die doel om waarheid van leuens te onderskei. Sodoende hou ons jou ingelig.

Ons plaaslike nuuskantore volg ‘n streng protokol wanneer dit kom by nuuswerwing en publikasie.

‘n Nasionale taakspan is daargestel om seker te maak dat jy geloofwaardige nuus oor die koronavirus kry. Lesers met navrae of kommentaar kan ons nasionale groepredakteur, Irma Green (irma@caxton.co.za) of regsadviseur Helene Eloff (helene@caxton.co.za) kontak.

Het jy ’n nuuswenk?

Skakel ons redaksiekantoor op 013 243 1434 of ons bystand nommer, vir noodgevalle na werksure, by 072 248 3855 om jou storie met ons te deel.

Volg ons op die Middelburg Observer Facebook groep of blad of stuur ’n whatsapp na 072 248 3855 met die woorde “add me” vir nuusflitse en ander relevante nuus.

 

 

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button