Sluis eers laat oop na kragkabel diefstal
Die sluis is steeds oop op 300mm en staan die vlak tans op 91.12%.

Die Middelburgdam se sluis kon nie gisteroggend oopgemaak word nie, omdat daar Vrydag ’n kragkabel gesteel is.
Daar is Saterdagaand ’n boodskap deur die munisipaliteit uitgestuur dat, weens die sterk inloop by die dam, die sluis Sondag om 07:00 oopgemaak sal word.
Die sluis kan egter nie oopgemaak word as daar nie elektrisiteit is nie!
Die kabel is Vrydagaand aan die ou Belfastpad se kant geknip en gesteel tydens beurtkrag en is daar onverpoos Vrydagnag,
Saterdag en Sondag gewerk om die kabel te vervang.
Eers teen Sondag namiddag was daar krag en is die sluis om 15:30 oopgemaak.
Die sluis is steeds oop op 300mm en staan die vlak tans op 91.12%.
