Twee rugbylegendes oorlede
Die rugbygemeenskap is die afgelope week geskud met die afsterwe van twee legendes.
Hans la Grange, pa van die bekende skakelpaar tweeling, Gert en Klasie, is na ’n lang siekbed en stryd met alzheimers oorlede.
Hy was vir jare ’n staatmaker by Witbank Rugbyklub, waar sy vrou Meis na wedstryde agter die kospotte reggestaan het om besoekende spanne te onthaal.
Oud speler Eric Heyns het uit Australië laat weet: “Jammer om te hoor. Oom Hans was ’n ware rugbyman, sal hom altyd onthou.”
Hy laat behalwe vir Gert, wat losskakel vir Suidoos gespeel het en die skrumskakel, Klasie, ook seuns Henk en Christo agter. Een van sy ander seuns, BB, is ’n paar jaar gelede oorlede.
Begrafnisreëlings is nog nie bekend nie.
Die afgelope naweek is Frans Papenfus, wat flank vir Ferrometals gespeel het en bekend was vir sy harde inklimspel, oorlede.
Hy het kanker gehad en is na ’n operasie oorlede.
Een van sy oud spanmaats, Loutjie Maritz, het op Facebook gesê: “My hart is stukkend, ek het ’n ystermaat verloor. Mag Jesus jou met oop arms en ’n glimlag op Sy gesig ontvang.”
Papenfus het tussen 1987 en 1989 30 wedstryde vir Suidoos-Transvaal gespeel en vier drieë gedruk.
Begrafnisreëlings is nog nie bekend nie.
*Kennisgewing: Koronavirus verslaggewing deur Caxton Local Media poog om fopnuus te kniehalter
Beste leser,
As jou plaaslike nuusverskaffer is dit ons plig om jou ingelig te hou van alle feite rakende COVID-19. Baie fopnuus doen die rondte aanlyn. Caxton Local Media werk gedetermineerd deur massas beskikbare inligting met die doel om waarheid van leuens te onderskei. Sodoende hou ons jou ingelig.
Ons plaaslike nuuskantore volg ‘n streng protokol wanneer dit kom by nuuswerwing en publikasie.
‘n Nasionale taakspan is daargestel om seker te maak dat jy geloofwaardige nuus oor die koronavirus kry. Lesers met navrae of kommentaar kan ons nasionale groepredakteur, Irma Green (irma@caxton.co.za) of regsadviseur Helene Eloff (helene@caxton.co.za) kontak.
Het jy ’n nuuswenk?
Skakel ons redaksiekantoor op 013 243 1434 of ons bystand nommer, vir noodgevalle na werksure, by 072 248 3855 om jou storie met ons te deel.
Volg ons op die Middelburg Observer Facebook groep of blad of stuur ’n whatsapp na 072 248 3855 met die woorde “add me” vir nuusflitse en ander relevante nuus.