Vermeende koperdief tussen riete gevang
Weggesteek tussen riete in Suidstraat, het ’n man gesit en omhulsels afbrand, kort nadat daar vir die soveelste keer derduisende rande se koperkabels net loopafstand van sy wegkruipplek by Mokse Engineering gesteel is.
Buiten die gesteelde kabels, is daar ook ander vermoedelik gesteelde artikels, tussen die riete gekry, waar die man gebly het.
Dit was die derde keer wat dieselfde dief by dié ingenieursbesigheid ingebreek het.
“Na aanleiding van die klere wat hy aangehad het op vanoggend se beeldmateriaal waar hy in en uit by Mokse is, is ons oortuig dat ons die dief vasgetrek het,” het me. Rosemarie van Staden gesê.
Dit wat hulle in Januarie gevrees het, dat die boef gaan terugkeer en die res van die koperkabels gaan steel, het wel gebeur.
Op 11 Desember het die dief, wat elke keer alleen te werk gaan, die eerste keer ingegaan en ingevoerde kabels gesteel. Die waarde van die kabels en die skade wat aangerig is, was R100 000.
Lees ook: Dief dra meer as R100 000 se koperkables weg
Net bietjie meer as ’n maand later, op 16 Desember, het die kameras gewys dat dieselfde persoon weer by die perseel is, waar hy wéér toegeslaan en kabels gevat het. Met dié diefstal is hul pompstasie buite werking gelaat.
Die naweek het hy weer ingebreek en etlike meters kabels gesteel.
Die totale skade van die drie inbrake, staan al op meer as R300 000.
Kort nadat hulle agtergekom het daar is ingebreek, het werknemers van die omhulsels van die kabels in die veld in Slegtkampstraat gevind.
Lees ook: Koperdiewe steel ingevoerde kabel van R80 000
Met die hulp van mnr. Ferdie Labuschagné en sy reaksiespan van CSC Tactical en lede van die Noodgroep Radiogroep Sektor 3 is daar besluit om die hele omgewing te fynkam vir nog leidrade. Net ’n paar honderd treë verder, in Suidstraat. is daar besluit om te voet tussen die riete te soek, toe hulle ’n rokie tussen die riete sien uitborrel. Minute later het hulle die man op heterdaad betrap waar hy besig was om koperkabels se omhulsels af te brand.
“Ons het die kabels by hom gekry en ook van ons ander toerusting. Dit was egter nie net ons goed wat ons gekry het nie. Daar was selfs ’n Man bakkie kappie!”
Die verdagte is gearresteer en het reeds in die hof verskyn.
• Daar is in Desember ook ’n verdagte aangekeer is, maar die saak is laat vaar.
* Notice: Coronavirus reporting at Caxton Local Media aims to combat fake news
Dear reader,
As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online.
Caxton Local Media is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed.
Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol. A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19.
Readers with any comments or queries may contact National Group Editor Irma Green (irma@caxton.co.za) or Legal Adviser Helene Eloff (helene@caxton.co.za).
Do you have a news lead?
Contact our editorial office on 013 243 1434 or our standby number for emergencies on 072 248 3855 to share your story with us.
Follow us on the Middelburg Observer Facebook group or page or send a whatsapp to 072 248 3855 with the words “add me” for the latest news.
