News

Dokter platgetrek met virus

Dr. Redge van Rensburg is steeds baie siek, maar voel geroepe om mense te waarsku teen Covid-19.

Dr. Van Rensburg ag homself gelukkig dat hy tydens die eerste vlaag van die Covid-19 pandemie nie die virus gekry het nie.

Hy is ’n welbekende gesig by sy spreekkamers, maar ook by die Middok 24/7, Ongevalle Eenheid by Life Midmed Hospitaal, waar hy die afgelope ruk weer baie siek Covid-19 pasiënte gesien het.

“Al die voorsorg ten spyt, dink ek, ek het net ’n te groot lading Covid pasiënte gesien.”

Op 29 Januarie het hy begin siek voel en besef dat hy moontlik die virus opgedoen het. Hy het dadelik gegaan vir ’n toets en ook tuis gebly.
Hy het ook die nodige medikasie gekry om hom deur die siekte te help.

Die verskriklike lyfpyn en veral die erge hoofpyn was vir hom die ergste van die siekte. “’n Paar dae terug het dit gevoel of my kop wil bars.” Hy was laas so siek weens malaria, sê hy.

Dr. Van Rensburg meld dat ’n paar dokters die virus opgedoen het en dadelik opgetree het toe hulle simptome begin kry het.

“Mense moenie wag totdat hulle benoud is nie. Hulle moet dadelik toets as hulle die simptome begin kry en seker maak hulle kry so gou as moontlik behandeling. As jy nie dadelik werk maak nie, gaan jy baie siek word en in die hospitaal beland.”

Hy het genoem dat daar wel nog mense roekeloos optree en dit die rede is hoekom dit steeds so erg versprei.

“Ons as dokters en die susters volg die protokol tot op die letter en tog word van ons ook siek. Ons vra weereens, hou by die reëls en saam kan ons dan teen hierdie virus veg.”

Hy het Dinsdag gesê dat hy beslis al beter begin voel en sê sodra hy gesond is, sal hy so gou as moontlik weer saam met sy kollegas die stryd aanpak.

 

 

 

 

* Notice: Coronavirus reporting at Caxton Local Media aims to combat fake news

Dear reader,

As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online.

Caxton Local Media is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed.

Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol. A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19.

Readers with any comments or queries may contact National Group Editor Irma Green (irma@caxton.co.za) or Legal Adviser Helene Eloff (helene@caxton.co.za).

Do you have a news lead?

Contact our editorial office on 013 243 1434 or our standby number for emergencies on 072 248 3855 to share your story with us.

Follow us on the Middelburg Observer Facebook group or page or send a whatsapp to 072 248 3855 with the words “add me” for the latest news.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Check Also
Close
Back to top button