Hond se nek dalk gebreek om bromponie te steel
’n Gesin vermoed hul hond is verwurg, of sy nek gebreek, sodat boewe by hul bromponie kon uitkom.
In dieselfde omgewing in Kanonkop is talle honde vergiftig en het boewe by ’n huis die palissade gebreek en die elektriese heining geknip om ’n motorfiets te probeer steel. • Mnr. en me. Riaan en Nicolene Voges het vroeg vanoggend agtergekom dat hul 300cc Gomoto bromponie in Granaatstraat gesteel is. Kort daarna het hulle vir Milo dood onder een van die voertuie gevind.
Hy het nie skuim om sy bek gehad nie, en vermoed hulle dat die booswigte die hond verwurg of sy nek gebreek het, om by die bromponie uit te kom. “Hy was my ou seuntjie, hy was nie soos enige ander hond nie,” het me. Voges hartseer gesê.
Die polisie het die area gefynkam en die plek gekry in Renosterstraat waar hulle in die veld die draad geknip en die bromponie deurgestoot het. Die Voges egpaar vra dat as enigiemand in Lilian Ngoyi-, Gladiola- of Renosterstraat kameras het, om hulle te kontak by 072 757 1563 of 079 390 7414. • Mnr. Christo Grobler, wat net om die hoek bly in Lilian Ngoyistraat, sê sy hond, Nala (boerboel), het waarskynlik die bromponiediewe gepla toe hulle daarmee verbyloop, waarop hulle haar vergiftig het.
Hy bly naby die area waar die boewe die bromponie in Lilian Ngoyistraat opgestoot, oor Renosterstraat gegaan en die heining geknip het. Mnr. Grobler het genoem dat die honde kort na middernag geblaf het, maar toe stil geraak het. Hy vermoed egter dat die hond in die vroeë oggendure vergiftig is, want sy was nog nie lank dood toe hy by haar kom nie. • Omstreeks middernag is ’n egpaar in Hibiscusstraat gewek met hul Voice Alert wat drie keer af gegaan het. Hulle het al die ligte aangesit, waarop dit stil geraak het. • Vroeg vanoggend is daar op die Hibiscusstraat WhatsAppgroep gesê dat die Fernandes gesin se twee Alsations, Kimba en Jessica, vergiftig is. Net etlike weke gelede is hul een voertuig se wiele gesteel.
• In die tyd wat dié honde vergiftig is in Hibiscusstraat, waarskynlik tydens beurtkrag tussen 03:00-05:00, is mnr. Johan van der Merwe se elektriese heining tussen hom en sy bure geknip in Gladiolastraat.
Die kwaaddoeners het daarna die palissadeheining oopgebreek om agter by die motorhuis, waar sy motorfiets is, uit te kom. Die motorfiets is egter met ’n slot en ketting vas en hulle kon dit nie loskry nie.
Alle aanduidings is dat die honde van die Fernandes egpaar die booswigte gepla het met hul geblaf, waarop hulle die honde vergiftig het. • Net laer af in Kanonkop, in Boekenhoutstraat, is me. Lydia Coetzee se twee honde ook vergiftig. Haar boerboel, Lady, het gevrek. ’n Veearts probeer tans nog om Seun (skaaphond kruising) se lewe te red.
Me. Coetzee sê sy kan sien dat daar by haar kleinhekkie gepeuter is. • Gister in die vroeë oggendure is drie honde by die Douglas familie in Kambroosstraat (Aerorand) vergifting.
* Notice: Coronavirus reporting at Caxton Local Media aims to combat fake news Dear reader, As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online. Caxton Local Media is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol. A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19. Readers with any comments or queries may contact National Group Editor Irma Green (irma@caxton.co.za) or Legal Adviser Helene Eloff (helene@caxton.co.za). Do you have a news lead? Contact our editorial office on 013 243 1434 or our standby number for emergencies on 072 248 3855 to share your story with us. Follow us on the Middelburg Observer Facebook group or page or send a whatsapp to 072 248 3855 with the words “add me” for the latest news.