Deen nikswerd vir De Leeuw
Diewe het die afgelope twee weke ’n paar keer toegeslaan in Impala- en Asaliastraat (Kanonkop).
• “My Great Dane (Deense hond) het sowat 15 meter vanwaar hulle die skopfietsies gesteel het, gelê en niks gedoen nie,” sê mnr. Douw de Leeuw.
Hy is een van die inwoners van Impalastraat wat keelvol is vir diewe se middernagtelike besoeke.
’n Paar dae gelede het hulle eers sy kruiwa gevat. Net daarna het hulle twee skopfietsies van sy kleinkinders gesteel. Die oorlamse diewe was nie geïnteresseerd in die kleiner skopfietsie nie en het dit net so gelos.
“Ons het skerppunt palissade bo-op die muur, maar hulle klouter net eenvoudig oor!”
Mnr. De Leeuw sê dat hulle sekuriteitsmaatreëls by die huis opgeskerp het.
• Me. Elsa Strydom glo was dit nie vir hul rottweiler wat ’n kabaal opgesit het by hul huis in Impalastraat nie, sou die diewe met baie meer as net ’n graaf en tuinvurk uit hul Wendyhuis weggekom het.
• Mnr. en me. Louwtjie en Renelle du Plessis, wat in Asaliastraat naby die Strydoms en De Leeuws bly, sê daar was die afgelope twee weke drie keer diewe in hul erf.
Daar is twee woonstelle op die eiendom en die bure se seun het gesien daar is beweging op die boonste verdieping se woonstel.
Die boewe, wat besig was om die slot van ’n skuifdeur by die woonstel te breek, het hom ook gesien en laat spaander.
Net daarna het hul tuinier, wat op die erf bly, een oggend 04:00 gestap na sy badkamer toe en gesien hoe boosdoeners by die gesin se agterdeur peuter. Hy het dadelik reageer en wou die huismense onopsigtelik waarsku, maar die diewe het hom gesien en gevlug.
Tydens nog ’n voorval, die vorige Vrydag (sowat twee weke gelede) het die egpaar en hul kinders tot na middernag lekker buite gesit en kuier.
“Dit het vir my gevoel asof iemand ons dophou, maar ek het dit afgeskud en gedink ek is laf. Die volgende oggend het ons vasgestel dat hulle al my man se kraggereedskap uit die motorhuis gesteel het.”
Hulle het ’n elektroniese motorhuisdeur wat geluidloos oopmaak. Die inbrekers het die motorhuisvenster oopgewoel, die diefwering opgedruk en van binne af die deur laat oopskuif.
Die diewe het weggekom met sowat R15 000 se krag- en ander gereedskap, asook ’n industriële Wapmasjien.
Hul Pekinees hondjie het byna die hele nag geblaf en hulle moes haar stilmaak. Eers later het hulle besef dat sy vir die diewe moes geblaf het.
Die gesin het intussen ’n alarm geïnstalleer.
• Mnr. Du Plessis het genoem dat hulle nou vier gesinne is in die omgewing wat ’n sekuriteitswag deel wat in die nag patrollies loop tussen die huise. Die sekuriteitswag is goedgunstiglik beskikbaar gestel deur die Strydom familie.
* Notice: Coronavirus reporting at Caxton Local Media aims to combat fake news
Dear reader,
As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online.
Caxton Local Media is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed.
Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol. A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19.
Readers with any comments or queries may contact National Group Editor Irma Green (irma@caxton.co.za) or Legal Adviser Helene Eloff (helene@caxton.co.za).
Do you have a news lead?
Contact our editorial office on 013 243 1434 or our standby number for emergencies on 072 248 3855 to share your story with us.
Follow us on the Middelburg Observer Facebook group or page or send a whatsapp to 072 248 3855 with the words “add me” for the latest news.
