News

Op hengelaars geskiet wat nette uithaal

Duisende visse en krokodille word steeds deur kiefnette doodgemaak.

Hengelaars by Flag Boshielodam (Arabiedam), het reeds vantevore die inisiatief geneem om self kiefnette uit die dam te trek.

Volgens ’n inwoner, wat op versoek anoniem wil bly, word sommige van hierdie hengelaars gedreig, en is daar al op hulle geskiet, wanneer hulle die kiefnette probeer uittrek.

“As gevolg hiervan het ek persoonlik met die Departement vir Omgewingsake vergader, hulle is bereid om te help, maar hul hande is vas deur ’n gerompslomp met regulasies en gebrek aan finansiering.”

’n Yslike Nylkrokodil van 5.08m is verlede jaar dood in die dam gekry.

Die dooie krokodil in Flag Boshielodam is oopgesny en ’n groot aantal kiefnet is in sy maag gevind.

Nadat die krokodil se maag oopgesny is, is vasgestel dat hy gevrek het weens kiefnette wat saam met vis ingesluk is.

Mnr. Hannes Botha, herpetoloog vir Mpumalanga Parkeraad wat spesialiseer in die bewaring en beskerming van krokodille, sê dat die krokodil nie die kiefnet kon verteer nie.

Lees ook: Oupa krok dood weens nette

Mnr. Botha sê dat Arabiedam bekend is vir die grootste krokodille, en die konsentrasie van krokodille bymekaar is die grootste buite ’n formele bewaringsarea, soos die Nasionale Kruger Wildtuin.

“In die wildtuin word die krokodille beskerm en bewaar, in Arabiedam is daar nie hierdie tipe beskerming nie. So om hierdie hoeveelheid krokodille bymekaar te sien in is besonders. Die getalle van krokodille in Arabiedam is in die 100de,” sê mnr. Botha.

Dit is onwettig vir ’n persoon om visnette en strikke op privaat eiendom met ’n waternetwerk te besit.

“Kiefnette is baie vernietigend en alles wat daarin verstrengel raak vrek,” sê mnr. André Hoffman, rivierekoloog van die Mpumalanga Toerisme en Parke Agentskap se akwatiesebewaringseenheid.

Kiefnette wat uit Flag Boshielodam uitgehaal is deur hengelaars.

“Die visse wat in ’n kiefnet baland, moet losgesny word soos die net uitgehaal word. Gewoonlik vrek almal.”

Hy sê dit help ook nie net om die nette te verwyder nie. “Die mense wat die nette stel, moet gevang word en dit is ’n moeilike proses, maar dit kan gedoen word.”
Die onwettige vang van visse is ook in riviere ’n probleem.

“Dit is selfs ’n probleem vir boere in die omgewing met damme op hul plase,” sê mnr. Hoffman.

Lees ook: Nette kan land se visbevolking vernietig

Hy vertel verder dat watervoëls, waterskilpaaie en otters ook in die nette verstrengel raak en vrek.

Daar is tans nie ’n groot probleem by Loskopdam met die onwettige vang van visse met nette nie, aangesien daar goeie beheer by die dam is.

“Daar is wel ’n groot probleem by Mkhombodam. Daar is feitlik geen vis daar oor nie. Nou word Flag Boshielodam geteiken en daagliks genet,” sê mnr. Hoffman.

“Dit is jammer dat bewaringsowerhede niks doen om hierdie stropery te stop nie. Erger nog, die bedryf gaan een van die dae gewettig word. Die Departement van Omgewingsake, Bosbou en Visserye gaan, indien die voorgestelde beleid goedgekeur word, begin om permitte vir kiefnette uit te reik. Die algemene publiek en hengelaars het nie ’n woord gerep toe die gesprek by vergaderings in verskillende dorpe gehou is nie. Daar is onder andere ’n reeks vergaderings in Marble Hall, eMalahleni en Ermelo gehou. Die konsepbeleid is tans by die parlement en as dit daar goedgekeur word, sal dit in die Staatskoerant gepubliseer word vir verdere openbare insae, vanwaar dit gepromulgeer word.”

Inwoners sal op 17 Februarie, om 14:00, by Kubakwena saamtrek om oplossings to probeer vind.

Almal is welkom. Lede van omgewingsake, asook lede van die polisie, sal by die vergadering wees.

 

 

 

* Notice: Coronavirus reporting at Caxton Local Media aims to combat fake news

Dear reader,

As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online.

Caxton Local Media is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed.

Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol. A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19.

Readers with any comments or queries may contact National Group Editor Irma Green (irma@caxton.co.za) or Legal Adviser Helene Eloff (helene@caxton.co.za).

Do you have a news lead?

Contact our editorial office on 013 243 1434 or our standby number for emergencies on 072 248 3855 to share your story with us.

Follow us on the Middelburg Observer Facebook group or page or send a whatsapp to 072 248 3855 with the words “add me” for the latest news.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Janine Saayman

Janine has been working as a journalist/photographer since 2014 at the Daller in Groblersdal. She was awarded the O.H. Frewin Upcoming Journalist of the Year in her first year as a journalist. Janine has a passion for photography, writing, being creative and doing things to the best of her ability.
Back to top button