News

‘Jesus was by haar’ toe vrou aan Covid sterf

“Suster Suretha Breedt het dit vir ons moontlik gemaak om vir ’n laaste keer vir haar te kon sê hoe lief ons vir haar is. Ons weet Jesus was by haar, sy was baie rustig.”

Die familie van Retha Prinsloo (57) is dankbaar dat hulle haar ’n laaste keer kon groet, voor sy gister in die vroeë oggendure weens die Covid-19 virus in die Cosmos Hospitaal gesterf het.

Me. Prinsloo was sedert 12 Januarie in die hospitaal en haar man, Hennie, en kinders is net vol lof vir die manier wat haar dokter, dr. Aamir Hasan (internis) en die personeel hul geliefde en ook haar familie hanteer het.

“Hulle het dit vir ons moontlik gemaak om vir haar video’s te stuur en te bid oor die foon. Ons wil net dankie sê vir hul omgee vir haar. Ons is hulle ewig dankbaar.”

Die Prinsloo egpaar is welbekend in Middelburg en was vir 40 jaar die eienaars van TV Elektries.

Sy word beskryf as ’n ystervrou.

“Sy het uit haar pad gegaan om ander te help. Sy was ’n vrou met soveel wysheid en kennis. Daar is nie iets wat sy nie kon doen nie…’n fenominale sakevrou, bakster, kok en bouer. Sy was die beste ouma, wat vreugde in haar kleinkinders gevind het. Die huis is so stil sonder haar. Ons kan nie wag om haar weer te sien nie. Ons weet sommer sy berei ons plekkie saam met Jesus vir ons voor.”

Me. Prinsloo word oorleef deur haar man, Hennie, seuns Zander en Ruvan, skoondogters Kathleen en Liezl en vyf kleinkinders.

• Buiten hul dankbaarheid teenoor die personeel en dokters van die Cosmos Hospitaal, wil hulle ook die gemeenskap van Middelburg bedank vir hul besondere ondersteuning.

•Die bekende sakeman, Hans Strydom, is ook die afgelope naweek aan Covid-19 verwante oorsake oorlede.

Talle geboue, huise en winkelsentrums se aluminiumrame is deur hom geïnstalleer.

Hans Strydom.

 

 

 

 

 

* Notice: Coronavirus reporting at Caxton Local Media aims to combat fake news

Dear reader,

As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments.

As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online.

Caxton Local Media is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol.

A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19. Readers with any comments or queries may contact National Group Editor Irma Green (irma@caxton.co.za) or Legal Adviser Helene Eloff (helene@caxton.co.za).

Do you have a news lead?

Contact our editorial office on 013 243 1434 or our standby number for emergencies on 072 248 3855 to share your story with us.

Follow us on the Middelburg Observer Facebook group or page or send a WhatsApp to 072 248 3855 with the words “add me” for the latest news.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button