Kolonel help kolonel om gesteelde karavaan terug te kry
Met die blitsige optrede van die misdaadvoorkomingseenheid van Witbank Polisie, asook die Valke, is ’n oud-kolonel van die Valke-eenheid se boskaravaan, asook ’n ander inwoner se sleepwa, teruggevind.
Oud-kol. Faan Steenkamp (voormalige bevelvoerder van die Valke op Middelburg) was vol lof vir die optrede van die Witbankse polisie se misdaadvoorkomingseenheid, spesifiek konst. Judré Roets, asook sy oud-kollegas kol. Danie Hall en kol. Gabriel Riba by die Valke-eenheid.
Sy Conqueror Commander Platinum Boskaravaan is Donderdagaand by sy huis in Kanonkop (Middelburg) gesteel.
Lede van die Valke het die diefstal dadelik op die stelsels begin sirkuleer en ook van beriggewers gebruik gemaak.
Lees ook: Caravan stolen in Kanonkop
Intussen het die misdaadvoorkomingseenheid van die Witbank Polisie gereageer op inligting en Sondag toegeslaan by ’n huis op Old Coronation, net buite eMalahleni.
Tydens die klopjag is die boskaravaan teruggevind, asook ’n sleepwa met kamptoerusting. Hulle het besef dat dit mnr. Wiley Harrington (jnr) se sleepwa is, wat net etlike dae vantevore by sy huis in Helen Josephstraat (Dennesig) gesteel is.
Oud-kol. Steenkamp sê buiten die slotte wat oopgebreek is op sy boskaravaan, lyk dit darem nie of daar enige ander skade is nie.
Mnr. Harrington sê hy het nog nie gaan kyk of daar skade aan sy sleepwa is en of al die kamptoerusting nog in die sleepwa is nie. Hy wag net dat die polisie hul ondersoek afhandel.
* Notice: Coronavirus reporting at Caxton Local Media aims to combat fake news
Dear reader,
As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments.
As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online.
Caxton Local Media is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol.
A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19.
Readers with any comments or queries may contact National Group Editor Irma Green (irma@caxton.co.za) or Legal Adviser Helene Eloff (helene@caxton.co.za).
Do you have a news lead?
Contact our editorial office on 013 243 1434 or our standby number for emergencies on 072 248 3855 to share your story with us.
Follow us on the Middelburg Observer Facebook group or page or send a WhatsApp to 072 248 3855 with the words “add me” for the latest news.
