Jacques se lewe gevier
Jacques le Roux (22), die gewilde jong man wat op 8 Februarie oorlede is, se lewe word baie spesiaal gevier.

Weens die Covid-19 regulasies, mag daar net 50 persone by ’n byeenkoms wees en die familie het dit goed gedink om by vier venues die diens, wat Saterdag om 10:00 gehou word, virtueel uit te saai. Dit sal ook aanlyn gekyk kan word.
Die diens sal behartig word deur ds. Ronel Meylahn van Universitietsoord in Pretoria waar Jacques ingeskakel het.
Daar word gevra dat almal wat na die plekke toe wil gaan, by die volgende persone moet bespreek.
Sonop manne: by die Sonop Tehuis bespreek by Erich Swanepoel by 082 438 1710.
Middelburg vriende by Pienaardam Waterfront saal bespreek by Michael Butcher by 081 353 5502.
Vriende van die familie by Pienaardam Kapel bespreek by Henriette Butcher by 082 563 5054.
Die familie sal ’n privaat diens op die plaas hou.
Die diens sal ook net voor 10:00 op Jacques se Facebookblad geplaas word vir die familie en vriende oorsee, asook die wat nie ’n geleentheid kan bywoon nie.
Die skakel sal openbaar gemaak word vir maklike toegang.
• Die gesin bedank graag elkeen wat hulle daarmee help.
• Jacques was ’n oudleerling van Hoërskool Middelburg en het ook vir die eerste rugbyspan gespeel.
Hy het homself om die lewe gebring by die Suiderkruisstrand, naby die gesin se vakansiehuis by die Groot Brakrivier, tussen George en Mosselbaai.
* Notice: Coronavirus reporting at Caxton Local Media aims to combat fake news
Dear reader,
As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments.
As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online.
Caxton Local Media is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol.
A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19. Readers with any comments or queries may contact National Group Editor Irma Green (irma@caxton.co.za) or Legal Adviser Helene Eloff (helene@caxton.co.za).
Do you have a news lead?
Contact our editorial office on 013 243 1434 or our standby number for emergencies on 072 248 3855 to share your story with us.
Follow us on the Middelburg Observer Facebook group or page or send a WhatsApp to 072 248 3855 with the words “add me” for the latest news.
