News

Afriforum vervolgingseenheid se lof besing na drie sake op hofrol geplaas is

Drie plaaslike gesinne is vol lof vir Afriforum se privaatvervolgingseenheid wat druk op die Nasionale Vervolgingsgesag geplaas het om die sake op die hofrol te kry.

Die privaatvervolgingseenheid, onder leiding van advokaat Gerrie Nel, het die sake op aandrang van die vier oorledenes se families op hersiening geneem en druk op die plaaslike landdroshof geplaas, waarom daar geen vordering met die ondersoeke en vervolging van beskuldigdes in al drie gevalle is na jare se rompslomp nie.

Die eenheid het ondersoek ingestel na die volgende sake:

• Die April 2018 skietdood van mnr. Gerhard Coetzer. Mnr. Coetzer is in die teenwoordigheid van sy vrou en seun doodgeskiet tydens ’n partytjie by ’n huis in Walter Sisulustraat.

Die toneel waar mnr. Gerhard Coetzer doodgeskiet is tydens ’n partytjie.

Die polisie het tot vandag toe nie ’n verdagte geïdentifiseer nie, hoewel talle getuies in die ondersoek beweer het dat een van die partytjiegangers met ’n wapen gespeel het, voordat twee skote afgevuur is, waarvan een mnr. Coetzer in die kop getref het.

Lees ook: Ondersoek ’n verleentheid vir polisie

• Die Oktober 2018 dood van me. Alet Herbst en haar huishulp Linda Lukele in ’n gru-botsing op die N11.

Die polisie het versuim om verklarings by ’n ooggetuie te neem. Inligting dat die vrou wat die ongeluk veroorsaak het, voor die botsing by ’n plaaslike kroeg gesit en kuier het, en haar kroegrekening met haar debietkaart betaal het, is na bewering nooit opgevolg nie.

Naas die strokie van betalingsbewys, is ’n vrou ook na bewering op CCTV kameras in die kroeg opgeneem voor die ongeluk.

Die ongelukstoneel waarin me. Alet Herbst en haar jarelange huishulp Linda Lukele dood is.

• Die Maart 2019 dood van me. Lizel Visagie wat voor haar tienerdogter deur ’n beweerde dronkbestuurder doodgery is.

Me Visagie se dogter het die ongeluk oorleef, nadat haar ma haar betyds uit die BMW se pad gestamp het.

Die bestuurder van die BMW, Khumbulani Malinga, moes deur omstanders platgeduik word, toe hy probeer vlug het na die botsing.

Hy was in ’n jaagtog met verkeersmanne betrokke toe hy me. Visagie raakgery het. Sy is so hard gestamp dat een van haar bene in die ongeluk afgeruk is.

Lees ook: Vrou sterf as held nadat sy dogter uit pad stamp

Die eenheid se advokaat, Phyllis Vorster, sê “in sommige gevalle was daar bewerings dat die dossier verdwyn het en in al die gevalle het sowel die NVG en SAPD versuim om voldoende terugvoer aan die oorledenes se naasbestaandes oor die ondesoeke te gee”.

Mnr. Coetzer se ouer broer, mnr. Riaan Badenhorst, het die nuus van ’n geregtelike doodsondersoek verwelkom.

“Die polisie het ons tot dusver omseil, en ons selfs ingelig dat die saak koud is en die misdaadtoneel nie reg hanteer is nie, omdat talle getuies die toneel verlaat het,” sê mnr. Badenhorst.

“As familie wil ons Afriforum, sy vervolgingseenheid en advokate Nel en Vorster uit ons harte bedank, die hof sal nou die ondersoek lei en ons bid vir geregtigheid vir Gerhard”.

Me. Visagie se ma, me. Marie Hamman, sê dat die lig uit haar lewe geruk is met die dood van haar dogter, en gevolglike emigrasie van haar kleindogter na haar pa in Nieu Seeland.

“Die dankbaarheid wat ek vir advokaat Vorster en haar span het kan nie in woorde betuig word nie,” sê me. Hamman.

•Me. Pikkie Fourie, dogter van me. Alet Herbst, sê dat me. Lukele vir haar soos ’n tweede ma was.

Lees ook: Bulhond Gerrie Nel pak polisie oor hangende sake, verdagtes wat vry loop

“Ek het my ma in stukke terug gekry, terwyl Linda se gesin ’n broodwinner kwyt is, as dit nie vir Afriforum was nie, was daar geen geregtigheid vir ons nie,” sê me. Fourie.

Die beskuldigde in die Herbst en Lukele saak sal op 16 April in die hof verskyn op twee klagtes van strafbare manslag.

Malinga, wat teregestaan op verskeie klagtes, moet op 9 Maart weer in die streekhof verskyn.

Getuienis sal nou ook voor ’n landdros gelewer moet word in mnr. Coetzer se saak, waarna ’n beslissing geneem sal word oor toekomstige vervolging.

 

 

 

 

 

* Notice: Coronavirus reporting at Caxton Local Media aims to combat fake news

Dear reader,

As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments.

As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online.

Caxton Local Media is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol.

A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19. Readers with any comments or queries may contact National Group Editor Irma Green (irma@caxton.co.za) or Legal Adviser Helene Eloff (helene@caxton.co.za).

Do you have a news lead?

Contact our editorial office on 013 243 1434 or our standby number for emergencies on 072 248 3855 to share your story with us.

Follow us on the Middelburg Observer Facebook group or page or send a WhatsApp to 072 248 3855 with the words “add me” for the latest news.

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Check Also
Close
Back to top button