Ma wat seun aan dood afgestaan het, gaan ander help
Nanette Steyn wat ’n jaar gelede haar seun, Muller (17), aan die dood afgestaan het, gaan nou ander gesinne help om deur hul verlies te kom met die “Healing Hearts” reeks.
Muller (17) is op 29 Desember 2019 deur die golwe in Guinjata, Mosambiek meegesleur en sy liggaam is op 1 Januarie 2020 gevind.
In ’n hartroerende video vertel sy hoe ’n moeilike geestelike pad hulle as gesin gestap het na sy afsterwe.
Sy getuig hoe die Here rondom Augustus/September verlede jaar aan haar geopenbaar het dat daar ’n “diening”, nie ’n bediening nie, kort vir mense wat sukkel om verlies te verwerk.
“Die Here het vir my op hierdie reis gewys waarmee mense sukkel. Ek dink die feit dat ons as gesin soveel ondersteuning gehad het, veral met almal se gebede, dat ek hier kan wees vandag, waar ek vrede gemaak het met sy dood.”
Lees ook: HTS leerling in Mosambiek vermis
Me. Steyn sê daar is baie mense wat nie die ondersteuning gehad het wat hulle gehad het nie.
“Uit hierdie pad wat ons gestap het, het die Here vir ons gewys dat ons die diening op die been moet bring wat ek moet lei. Almal wat sukkel om ’n geliefde se dood te verwerk, of wat sukkel met Woord, en voel jy gaan alleen hierdeur, wéét net die Here het jou nie gelos nie. Ek weet egter dit is moeilik.”
Me. Steyn verduidelik met hierdie “diening” wat hulle gaan aanbied, kom mense wat seer het bymekaar en wees daar vir mekaar.
Die eerste byeenkoms is Maandag om 19:00 by die Corpus Christi gemeente en daarna elke tweede Maandag.
• Om by Covid-19 protokol te hou, word daar net gevra dat persone wat wil inskakel, vooraf vir die Kerkkantoor laat weet dat hulle daar sal wees by 013 244 1610.
* Notice: Coronavirus reporting at Caxton Local Media aims to combat fake news
Dear reader,
As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments.
As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online.
Caxton Local Media is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol.
A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19. Readers with any comments or queries may contact National Group Editor Irma Green (irma@caxton.co.za) or Legal Adviser Helene Eloff (helene@caxton.co.za).
Do you have a news lead?
Contact our editorial office on 013 243 1434 or our standby number for emergencies on 072 248 3855 to share your story with us.
Follow us on the Middelburg Observer Facebook group or page or send a WhatsApp to 072 248 3855 with the words “add me” for the latest news.
