Na moord vra vrou vir daggakoekies
’n Klankgreep waar ’n verdagte in die Raymond Papapavlou (28) moordsaak net twee weke na sy dood vir dwelms vra, foto’s van nog ’n verdagte wat saam met vermoedelik Nigeriërs op foto’s verskyn en ’n anonieme boodskap op Facebook, is van die inligting in www.mobserver.co.za se besit.
’n Vriend van die familie het ’n R50 000 beloning aangebied vir inligting wat sal lei tot die inhegtenisname en skuldigbevinding van mnr. Papapavlou se moordenaar(s).
Die vriend (wat verkies om anoniem te bly) sê ’n persoon het hom gekontak deur Facebook met ’n anonieme profiel en gesê hy stel nie belang in die beloning nie.
Die boodskap lui as volg: “Ek wil net hê dat die skuldiges gevang moet word. Ek wil graag anoniem bly, dit is hoekom ek hierdie profiel geskep het. Ek wil nie graag in die hof verskyn om te getuig nie, want dit sal my en my gesin se lewe verwoes. Is dit reg met jou?”
Lees ook: Jong boer (28) op plaas doodgeskiet
Die familievriend sê hy wil dit graag duidelik stel dat die persoon, of enige ander persoon wie inligting het, wel anoniem kan bly, sou hulle dit verkies.
“Ek wil hard en duidelik vir daardie persoon sê, kontak asseblief die ondersoekbeamptes en hulle sal jou na my toe verwys! Of kontak my weer op Facebook met jou besonderhede.”
Daar is intussen foto’s aan www.mobserver.co.za gestuur, waar een van die verdagtes saam met vermoedelik Nigeriërs kuier.
Lees ook: Vrou aangekla vir Papapavlou moord
Die klankgreep in ons besit lui as volg: “Kan jy net weer vir my die individuele lysie stuur. Ek dink ons gaan weer so bestel, anders kan ons net van die een string kies as ons van die 10 gram vat. Ek sal julle vroegtydig laat weet, ons bestuur net gou gou Middelburg toe. Ons sal nog besluit en sodra ons besluit, sal ek jou dan laat weet, jy weet wat, dan kan ons ’n tyd reël. Ag f..ck jy is awesome, ek belowe. Super baie dankie, ek weet ons gaan uitruk soos mother f..ckers op daai koekies.”
• Mnr. Papapavlou is vroegoggend op 5 Oktober 2020 in sy bed doodgeskiet op die plaas, Frischgewaagd, in die Rooikraal omgewing tussen Stoffberg en Groblersdal.
Hy is vyf keer geskiet terwyl hy gelê en slaap het. In die kop, drie keer in die sy en een maal in die rug.
Sy vrou, Simoné, was ook in die huis waar sy glo in die televisiekamer op die bank aan die slaap geraak het.
• Die Groblersdal polisie het na die voorval bevestig dat Simoné, nadat mnr. Papapavlou geskiet is, self sewe waarskuwingskote deur die slaapkamerdeur afgevuur het.
• ’n Jong vrou, Patricia Ray-Lee Smith (23) is kort na die moord in Gauteng gearresteer.
’n Moordklag word steeds teen haar ondersoek.
Persone met inligting word gevra om 071 798 7954, 082 896 5331 of 082 924 0860 te bel. Inligting sal vertroulik hanteer word.
Voorheen skote en moord op Rooikraal
Het Mercedes iets met moord te doen?
Gesoute oud-speurder ondersoek Rooikraal moord
Beloning vir inligting oor Rooikraal moord
Almal wag vir nadoodse verslag
Deurbraak in Papapavlou moord lei tot arrestasie
* Notice: Coronavirus reporting at Caxton Local Media aims to combat fake news
Dear reader,
As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments.
As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online.
Caxton Local Media is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol.
A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19. Readers with any comments or queries may contact National Group Editor Irma Green (irma@caxton.co.za) or Legal Adviser Helene Eloff (helene@caxton.co.za).
Do you have a news lead?
Contact our editorial office on 013 243 1434 or our standby number for emergencies on 072 248 3855 to share your story with us.
Follow us on the Middelburg Observer Facebook group or page or send a WhatsApp to 072 248 3855 with the words “add me” for the latest news.
