News

Fietsdief was moontlik bytende rower

’n Fietsdief wat Sondag toegeslaan het in Dwykastraat, word positief verbind met ’n rooftog waar ’n vrou in haar kamer aangeval en gebyt is.

“Ek sal nooit daardie oë vergeet nie!” het die vrou (wat anoniem wil bly) ontsteld gesê. Sy het reeds die polisie laat weet dat die video en foto’s van ’n fietsdief in Dwykastraat wat sedert gister wyd op sosiale media versprei is, een en dieselfde persoon is wat haar aangeval het.

Die fiets wat in Dwykastraat gesteel is.

Sy is die oggend van 9 Januarie in die huis oorval, kort nadat haar man gery het om te gaan hengel.

Hul buurman het haar man gebel en gesê daar is iemand in hul erf en haar man het dadelik omgedraai en haar ook gebel. Hy het vir haar gesê dat die verdagte van die buurman se erf na hul erf oorgespring het en dat die buurman klaar sy paniekknoppie gedruk het.

Volgens haar het sy so vas geslaap dat sy nie eers gehoor het dat die venster breek nie. Net nadat sy klaar met haar man gepraat het, het sy regop gesit om haar vuurwapen te kry.

Dieselfde oomblik het haar slaapkamerdeur oopgebars. Sy was nog deurmekaar van die slaap en het gewonder of dit dalk haar man is wat al terug is.

Voordat sy die wapen kon oorhaal, het die rower op haar afgestorm en het ’n gestoei tussen hulle ontstaan. In die geveg het hy haar aan die arm gebyt, maar sy het geklou soos al wat sy kon aan die wapen. Die booswig het die oorhand gekry, die wapen afgevat en by die deur uitgehardloop. Sy het dadelik die deur gesluit totdat hulp opgedaag het.

Die vrou sê sy het haar aanvaller dadelik op die videos en foto’s wat rondgestuur word, herken. Alhoewel sy behandeling gekry het vir die bytplek, wat gelukkig net die weefsel beskadig het en nie stukkend was nie, is dit steeds rooi en gevoelig.

Die merk op die fietsdief se kop is duidelik sigbaar. Hy het ook wit vlekke op sy hand.

• Op die videomateriaal kan ’n mens sien hoe die dief deur die hek loer, kort daarna terugkeer, af buk, die hekmotor buite aksie stel en die hek oopskuif. Binne ’n paar minute kom hy vinnig uitgestap met die fiets, met die gesin se honde kort op sy hakke. Hy is duidelik nie bang vir die waghonde nie en stap doodluisters met die die fiets in die straat af.

Die fiets is by ’n familie in Dwykastraat gesteel, terwyl hulle ook by die huis was! Hulle was in en om die huis, omdat hulle in die tuin doenig was.

Hy stap doodluiters met die fiets uit die erf.

Daar is gemeld dat die eienaar van die huis net op daardie stadium gou in die huis was terwyl die fiets gesteel is.

• Talle mense het die familie gekontak nadat die die foto’s en video op sosiale media geplaas is. ’n Man het haar gekontak en gesê sy fiets ook verlede Woensdag helder oordag in Bosbergstraat (Aerorand) gesteel is terwyl sy vrou en baba by die huis was.

• Mnr. Johan Lensley het laat weet dat hy ’n verdagte ’n paar weke gelede in sy motorhuis betrap het. Hy het ’n foto geplaas van die verdagte en verskeie mense wonder of dit nie dieselfde dief is nie.

Die verdagte wat onlangs in ’n motorhuis betrap is.

Daar is egter gesê dat hy nie dieselfde merke op sy hande het kop het as die een wat Sondag die fiets gesteel het nie.

• Die dief wat die fiets gesteel het in Dwykastraat het wit vlekke op sy hand en ’n duidelike merk op die linkerkant van sy kop, waar hy moontlik met ’n mes gesteek is.

• Mnr. Sam Weller het laat weet dat ’n boef ook sy seun se fiets ’n paar weke gelede by sy huis in Kanonkop gesteel het. Volgens die videomateriaal kan jy sien die booswig loop laatmiddag stadig by die muur verby en verdwyn.

Mnr. Weller vermoed hy loop om die blok en kom weer terug. Teen skemer spring hy oor die muur en vat die fiets.

• Almal is dit eens dat die diewe nie meer omgee dat daar CCTV Videokameras by huise is nie, want hulle weet dat gesinne nie die hele tyd na die videomateriaal kyk nie.

* Notice: Coronavirus reporting at Caxton Local Media aims to combat fake news Dear reader, As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online. Caxton Local Media is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol. A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19. Readers with any comments or queries may contact National Group Editor Irma Green (irma@caxton.co.za) or Legal Adviser Helene Eloff (helene@caxton.co.za). Do you have a news lead? Contact our editorial office on 013 243 1434 or our standby number for emergencies on 072 248 3855 to share your story with us. Follow us on the Middelburg Observer Facebook group or page or send a WhatsApp to 072 248 3855 with the words “add me” for the latest news.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button