Dief hol in straat af met kantsnyer
’n Dief het in die vroeë oggendure met ’n kantsnyer in die straat afgehol, toe ’n reaksielid van CSC Tactical blitsig reageer het op ’n alarm.
Me. Nellouise Beetge is omstreeks 01:15 Maandag gewek met die geskree van ’n alarm en sy het dadelik op die stelsel in haar kamer gesien dat dit die ogie van die motorhuis is wat afgaan.
Sy is vol lof vir CSC Tactical reaksielid, Richard Mabusela, wat binne minute by haar huis in Viljoenstraat (Groenkol, Middelburg) was.
Op daardie stadium het die inbreker in die straat afgehol met ’n kantsnyer in die een hand en ’n druksproeier in die ander hand. Die dief het afgehardloop tot by Damstraat, waar hy sy buit neergesmyt en tussen die riete verdwyn het.
Mnr. Mabusela het die artikels aan me. Beetge terugbesorg.

Me. Beetge sê die waarde van die artikels wat hy wou steel, is sowat R4 000, maar dat sy nog wag vir ’n kwotasie om die motorhuis reg te maak.
“Hy moes die motorhuis met sy kaal hande oopgebuig het, want daar is geen merke van iets wat hy gebruik het om dit op te buig nie. Ek verstaan hulle sê dis omdat die boewe gewoonlik vol dwelms is, dat hulle dit kan doen!”
Dit is al die soveelste inbraak in hul motorhuis die afgelope paar jaar. Sy glo haar ma se beroerte en afsterwe ’n paar jaar gelede was te wyte aan die inbrake, want sy was angsbevange na elke inbraak.
“My ma het een dag aan die slaap geraak voor die televisie en toe sy wakker word, het sy in die inbreker vasgekyk.”
Sy onthou ook hoe daar eenkeer ingebreek is en die boewe totale chaos in die motorhuis gesaai het. Hulle het tot die rolbalballe wat in haar voertuig was uitgegooi.
Daardie keer is daar niks gesteel nie en bestaan die vermoede dat iets hulle gepla het. Na nog ’n inbraak vroeg in Desember 2020, het sy besluit om ’n alarm te installeer en is sy dankbaar dat sy dit wel gedoen het.
Notice: Coronavirus reporting at Caxton Local Media aims to combat fake news
Dear reader,
As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online.
Caxton Local Media is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed.
Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol. A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19.
Readers with any comments or queries may contact National Group Editor Irma Green (irma@caxton.co.za) or Legal Adviser Helene Eloff (helene@caxton.co.za).
Do you have a news lead?
Contact our editorial office on 013 243 1434 or our standby number for emergencies on 072 248 3855 to share your story with us.
Follow us on the Middelburg Observer Facebook group or page or send a WhatsApp to 072 248 3855 with the words “add me” for the latest news.
