News

Groen Golf jaag teen hoë spoed op ou Belfastpad sê padwerkers

Die voertuig is volgens die werkers teen ’n baie hoë spoed verby hulle in die rigting van Belfast. 

Afriforum Buurtwag het bevestig dat werkers wat op die ou Belfastpad besig is met padwerke minute gelede ’n groen VW Golf, wat die beskrywing van die voertuig waarin ’n blondekop vrou omstreeks 11:00 op die N4 ontvoer is, gesien het.

Die voertuig is volgens die werkers teen ’n baie hoë spoed verby hulle in die rigting van Belfast. Die vrou is omstreeks 11:00 naby die oprit na die Alzu russtop op die N4 aangerand en ontvoer.

Sy is volgens ’n ooggetuie brutaal geslaan en aan die hare rondgepluk voordat sy in ’n “blougroen Hyundai of VW Golf” ingeboender en ontvoer is.

Minstens vier mans was betrokke en ’n wit bakkie is ook op die toneel gesien. Afriforum buurtwag het hul Belfast en Carolina spanne ontplooi om te help met die soektog na die vrou.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button