News

Ontvoering herinner aan Igna Nortjé moord

Die ontvoering van die blondekop vrou vanoggend op die N4 herinner sterk aan die ontvoering van die oudioloog, Igna Nortje, in 2012.

Hoe later in die dag, hoe groter word die vrees dat die slagoffer, wat tans nog onbekend is, soos Igna dood gekry sal word.

Die geliefde oudioloog, is op 30 Mei 2012 vermoor.

Sy is vanaf haar huis in Dennesig ontvoer, later in ’n bagasiebak ingedwing en uiteindelik in Verena doodgesteek.

Speurders wat op die toneel was het later aan www.mobserver.co.za gesê dit was beslis ’n “hit” omdat sy nie seksueel aangerand is of haar voertuig geroof is nie.

“Die persoon wat haar vermoor het, moet saam met sy gewete, as hy een het, saamleef,” het haar pa, mnr. ST Potgieter, later gesê.

Lees ook: Igna se angs in bagasiebak

Dit was bitter swaar dat hulle weens die grendelstaat nie op die herinneringsdag van haar afsterwe, na die boskamp kon gaan waar daar vir haar ’n gedenkplaat aangebring is nie.

Elke jaar as haar dogter verjaar in Februarie gaan hulle soontoe en dan weer op die dag wat hulle haar dood herdenk.

Die gesin het na haar afsterwe aansoek gedoen by SANParke om ’n tafel in herinnering aan Igna daar op te sit.

Op mnr. Potgieter se WhatsApp profielfoto is daar drie foto’s. Een waar jy die uitsig en tafel kan sien, een van die plaatjie met ’n paar blommetjies op die tafel en dan ’n foto van die besonderde beeldhouwerk, in Switserland wat “Emptiness” genoem word. Die wêreldbekende beeldhouer, Albert György, het dit gemaak na sy eerste vrou gesterf het.

“Daardie beeld is presies hoe ons as ouers voel. Daardie verskriklike gat in jou hart as jou kind gesterf het.”

Volgens die dossier was die moordenaar slank gebou, sowat 1.65m lank, het prominente wangbene en het donker akneemerke op sy wange.

•Op die dag van Igna se dood in 2012 het haar moordenaar probeer geld trek in Middelburg, later in Stoffberg en hy is later gesien deur ’n petroljoggie en ’n boer van Groblersdal. Die twee het gehoor hoe iemand in die kattebak skop, maar hy het weggejaag toe hulle hom konfronteer.

Lees ook: Ondersoek lewer niks op

•Haar moord bly steeds ’n raaisel.

Daar word gevra waarom die moordenaar eers met haar in haar eie kar rondgery het, waarom daar niks uit haar huis gesteel is nie en sy uiteindelik net doodgesteek is.

•Na haar moord het mnr. Potgieter ’n R100 000 beloning aangebied vir enige inligting wat sou lei tot ’n arrestasie. Hy sê daar het net een vrou na vore gekom met vae inligting, maar daar het ook niks van gekom nie.

•Afgetrede kol. Anton Crafford, het tydens ’n vorige onderhoud gesê dat “die hele kar opged…nner is deur polisiemanne, omdat hulle self haar voertuig van die moordtoneel af weggery het.”

Die forensiese span het haar kosblik met eetgoed in die kattebak gekry, waar haar aanvaller haar ingeboender het. Me. Nortjé is dieselfde aand dood in ’n sloot in Verena gekry. Sy is verskeie kere met ’n mes in die keel gesteek. Haar voertuig het net ’n klein entjie verder gestaan.

Lees ook: Gestolde kar red vrou se lewe

Daar is oral in haar voertuig vingerafdrukke gekry, maar die meeste daarvan was van die polisiemanne.

Kol. Crafford was so kwaad dat hy ’n brief aan die provinsie geskryf het dat die polisielede aangespreek word. Maar daar het niks van gekom nie.

Daar is ook ander vingerafdrukke gekry, maar het destyds “negatief” teruggekom. Dit beteken die vingerafdrukke was óf van polisielede óf van ’n persoon wat nog nooit gearresteer is en wie se besonderhede nie op die stelsel is nie.

Hy was egter seker dat die motief van haar moord nie roof was nie. Buiten die gaspistool, wat die moordenaar langs haar lyk neergegooi het, is daar niks anders gesteel nie en selfs die kar se radio was nog daar.

•In 2016 is nuwe inligting bekend gemaak dat die moordenaar donker akneevlekke op sy gesig gehad het. Sy foto is weer, soos elke jaar daarna, gepubliseer.

Kol. Faan Steenkamp (destydse bevelvoerder van die Middelburg Valke) het daardie jaar ook gemeld dat ses mense sedert haar dood ondervra is, maar nie met die moord verbind kon word nie.

Lees ook:

Soektog na ontvoerde vrou kring uit na Hendrina, Belfast, Dullstroom

Vrou naby Alzu russtop op N4 aangerand, ontvoer

Groen Golf jaag teen hoë spoed op ou Belfastpad sê padwerkers

Notice: Coronavirus reporting at Caxton Local Media aims to combat fake news

Dear reader,

As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online.

Caxton Local Media is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed.

Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol.

A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19. Readers with any comments or queries may contact National Group Editor Irma Green (irma@caxton.co.za) or Legal Adviser Helene Eloff (helene@caxton.co.za).

Do you have a news lead?

Contact our editorial office on 013 243 1434 or our standby number for emergencies on 072 248 3855 to share your story with us.

Follow us on the Middelburg Observer Facebook group or page or send a WhatsApp to 072 248 3855 with the words “add me” for the latest news.

 

 

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button