Soektog na ontvoerde blondekop kring uit
Daar is intussen bevestig dat die verdagte blougroen voertuig nie deur die Midelburg Tol-plaza is nie en die voertuie iewers tussen die Hendrina afrit en die tolhok afgedraai het.
NUUTSTE – ’n Groen Citi Golf en wit Navara bakkie wat glo by mekaar bly die heeltyd,, is intussen in Mandela-weg, Middelburg, opgemerk.
Die Hendrina polisie en plaaslike veiligheidsgroepe soos die Sektor 3 radiogroep, is almal tans op soek na ’n vrou met lang blonde hare wat omstreeks 11:00 by die N4 oprit na die Alzu russtop ontvoer is.
Die vrou is eers brutaal aangerand voordat sy in ’n blougroen Hyundai of VW Golf motor geboender is.
Daarna het die voertuig met die vrou in, saam met ’n wit bakkie wat ook op die toneel was, weggejaag, in die rigting van Middelburg.
Mid-Alarms en ander sekuriteitsmaatskappye is ook op gereedheid.
Ooggetuie mnr. Rudi Combrink sê dat hy by die voertuie probeer byhou het maar dat hulle te vinnig was.
Daar is intussen bevestig dat die verdagte blougroen voertuig nie deur die Middelburg Tol-plaza is nie en die voertuie iewers tussen die Hendrina afrit en die tolhok afgedraai het.
Alzu is ook tans besig om hulle sekuriteitskamera na te gaan vir moontlike identifikasie van die vrou, haar ontvoerders en die voertuie betrokke.
