Soektog na ontvoerde vrou kring uit na Hendrina, Belfast, Dullstroom
Die beeldmateriaal van ongeveer 7 minute lank wys glo ’n “stuweling” by ’n verkeersirkel waarna die groen en wit voertuie teen ’n hoë spoed wegjaag.
Mnr. Marnus Uys van die Sektor 3 radiogroep wat tans na ’n ontvoerde vrou op die ou Belfastpad soek, sê dat Alzu russtop se kameras gedeeltes van die ontvoering vasgevang het.
Die beeldmateriaal van ongeveer 7 minute lank wys glo ’n “stuweling” by ’n verkeersirkel waarna die groen en wit voertuie teen ’n hoë spoed wegjaag.
Afriforum se Dullstroom buurtwagleier, mnr. Gerhard Delport, sê dat hulle ook by die soektog aangesluit het.
Paswerkers op die ou Belfastpad het bevestig dat ’n groen Golf teen ’n hoë spoed verby hulle is. Dis egter onduidelik hoe lan terug hulle die voertuig gewaar het.
Lees meer:
Vrou naby Alzu russtop op N4 aangerand, ontvoer
Soektog na ontvoerde blondekop kring uit