News

Ma sny kind se keel byna af

’n Ma het gisteraand gepoog om haar kind se keel af te sny, “omdat sy nie wil hê dat hy moet swaarkry nie”.

’n Sekuriteitswag van WIPS (Wildlife Investigations and Protections Services) het patrollie langs ’n lyndraad gery op ’n groot plaas op die N11 Schoemanpad buite Groblersdal, toe hy omstreeks 03:00 ’n kind hoor gil.

Die sekuriteitswag, Amos Mambuza, het gaan ondersoek in stel, en gesien hoe ’n vrou ’n mes in die bosse in gooi.

Hy het ’n agtjarige kind op die grond opgemerk, en ’n 14-maande oue bebloede kind het histeries geskree.

Mambuza het dadelik die sekuriteitsbestuur van WIPS gekontak, asook die sekuriteitsbestuurder van die plaas, waar hy werksaam is.

Die provinsiale ambulansdienste is gekontak, maar geen antwoord is ontvang nie, waarna Gunmar EMS en Swift EMS na die toneel ontbied is.

WIPS het ook die polisiestasie gekontak, maar daar was nie voertuie beskikbaar nie.

Mnr. Nico Pretorius, eienaar van Swift EMS, sê dat hy ook verskeie oproepe gemaak het na die provinsiale ambulansdienste vir bystand, maar geen antwoord ontvang het nie.

“Ek het ook die Groblersdal Polisiestasie gekontak, waarna daar gesê is dat daar nie voertuie beskikbaar is nie en dat die kinders eers hospitaal toe geneem moes word, waarna die kinders later polisiestasie toe moet kom om die saak oop te maak. Hoe moet ’n agtjarige en eenjarige ’n saak gaan oopmaak by die polisiestasie?”

Gunmar EMS het dadelik die twee kinders na Groblersdal Hospitaal vervoer vir mediese behandeling.

Paramedici sê dat hulle al baie erge en grusame tonele beleef het, maar dat hierdie toneel besonders traumaties was.

Volgens Gunmar is die 14 maande oue kind se keel so diep gesny, dat dit tot teen sy larinks was.

Mambuza vertel dat die ma aan hom gesê het dat sy weggejaag is by haar huis in Masakaneng deur haar man, en dat sy nie geweet het hoe om vir haar kinders te sorg nie.

“Sy het gesê dat sy eerder haar kinders sal doodmaak, voor hul moet swaarkry,” vertel Mambuza.

Mnr. Pretorius sê dat hul vir ’n uur en tien minute gewag het voordat ’n polisie speurder van die Groblersdal Polisiestasie by die toneel opgedaag het. Hy is op bystand, maar moes vanaf Lukau ry na die toneel toe.

“Iemand se lewe is in gevaar. Wat as WIPS se wag nie die kind hoor skree het nie en die ma kon keer het nie? Dan was daar ’n dubbele moord vandag! Hoekom kom die polisie nie uit nie? Wat as dit ’n plaasaanval was? Ek was vir 21 jaar ’n polisieman en nooit in my lewe sou ons sê dat daar nie voertuie beskikbaar is, of meer as ’n uur neem om by ’n toneel op te daag nie,” het die sekuriteitsbestuurder van die naby geleë plaas gesê.

Hy wil op versoek anoniem bly.

Hy sê ook dat mnr. Mambuza uitstekend opgetree het en dat hul baie dankbaar is.

Die ma sal na verwagting later vandag in die Groblersdal Landdroshof verskyn op aanklag van poging tot moord.

•Die Groblersdal polisiewoordvoerder het by navrae gesê hy is met verlof en kan nie help nie, terwyl daar vrugteloos gepoog is om kommentaar by die provinsiale ambulansdiens te kry.

Notice: Coronavirus reporting at Caxton Local Media aims to combat fake news

Dear reader, As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online. Caxton Local Media is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol. A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19. Readers with any comments or queries may contact National Group Editor Irma Green (irma@caxton.co.za) or Legal Adviser Helene Eloff (helene@caxton.co.za).

Do you have a news lead?

Contact our editorial office on 013 243 1434 or our standby number for emergencies on 072 248 3855 to share your story with us. Follow us on the Middelburg Observer Facebook group or page or send a WhatsApp to 072 248 3855 with the words “add me” for the latest news.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Janine Saayman

Janine has been working as a journalist/photographer since 2014 at the Daller in Groblersdal. She was awarded the O.H. Frewin Upcoming Journalist of the Year in her first year as a journalist. Janine has a passion for photography, writing, being creative and doing things to the best of her ability.
Back to top button