Nog geen spoor van vermiste blondine wat op N4 ontvoer is
Daar is nog geen teken van die vermiste blondine wat gister rondom 11:00 naby die Alzu russtop op die N4 aangerand en ontvoer is nie.
Afriforum se Middelburg buurtwagspan het tot omstreeks 22:00 gisteraand oral, van Middelburg tot Hendrina tot Carolina tot Belfast en Machadodorp, na die vrou en die groen VW Golf waarin sy ontvoer is, gesoek.
“Ons het al wat grondpad is gery, plaaswerkers is ondervra en die spoorlyne is ook deeglik ondersoek,” sê Afriforum se Wayne Hill.
Die spanne sal vandag verder soek nadat daar bevestig is dat die groen Golf nie onderdeur die Arnot-brug op die N4 na Middelburg gery het nie.
’n Spoedkamera onder die brug is nagegaan om vas te stel waar die voertuig oral op die N4 beweeg het.
“Ons weet dat ’n afdraai op die N4 gevat is na die ou Belfast-pad waar padwerkers die groen Golf opgemerk het. Sektor 3 se radiogroep het ook ’n soektog van stapel gestuur, wat geen nuwe positiewe inligting opgelewer het nie.”
’n Ooggetuie, die Dullstroom boer Rudi Combrink, sê dat hy verby die groen Golf en ’n wit bakkie op pad na die russtop gery het.
Hy kon sien hoe die blondekop vrou aan haar lang hare uit die Golf gepluk word, voordat sy wreed aangerand is. Sy is daarna agter in die Golf gegooi, voordat dit met haar weggejaag het.
Drie ander mans, vermoedelik in die bakkie, het gestaan en kyk hoe die vrou ontvoer word en later saam met die Golf van die toneel af gevlug.
’n Groen Golf en wit bakkie is ure na die ontvoering in Mandelalaan opgemerk en agtervolg, maar die verdagte voertuie kon Mid-Alarms ontduik.
’n Groen Golf sonder nommerplate en vier mans binne, is later by Midwater Sentrum deur Titon Security opgemerk en ondersoek maar kon nie verbind word met die ontvoering nie.
Die aanranding en ontvoering is ook nie deur Alzu se sekuriteitskameras vasgevang nie, want dit het net buite sig van die kameras gebeur.
Afriforum is reeds terug op die pad en besig met patrollies sê mnr. Hill.
Lees ook:
Soektog na ontvoerde vrou kring uit na Hendrina, Belfast, Dullstroom
Vrou naby Alzu russtop op N4 aangerand, ontvoer
Groen Golf jaag teen hoë spoed op ou Belfastpad sê padwerkers
Notice: Coronavirus reporting at Caxton Local Media aims to combat fake news Dear reader, As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online. Caxton Local Media is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol. A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19. Readers with any comments or queries may contact National Group Editor Irma Green (irma@caxton.co.za) or Legal Adviser Helene Eloff (helene@caxton.co.za). Do you have a news lead? Contact our editorial office on 013 243 1434 or our standby number for emergencies on 072 248 3855 to share your story with us. Follow us on the Middelburg Observer Facebook group or page or send a WhatsApp to 072 248 3855 with the words “add me” for the latest news.
