Saggeaarde Martie sterf weens Covid-19
Martie Wolmarans (59), die vrou wat nie net ’n ongelooflike ma vir haar kinders was nie, maar ook ’n moederfiguur vir baie, is Vrydag in die Life Carstenhof Hospitaal in Johannesburg weens nagevolge van die Covid-19 virus oorlede.
Haar dogter, Lizaan, sê sy is op 27 Januarie in die Life Midmed Hospitaal opgeneem weens die virus.
Etlike dae later het haar toestand so versleg dat sy na die intensiewe eenheid geskuif moes word. Daar was egter nie plaaslik of in eMalahleni plek nie en sy is per ambulans na die Life Carstenhof Hospitaal oorgeplaas.
Lizaan onthou dat haar ma die eerste drie dae in die intensiewe eenheid nog kon kommunikeer, maar is daarna aan ’n ventilator gekoppel. Vrydagmiddag het hulle die familie laat weet dat sy oorlede is.
Die kinders het hul ma beskryf as ’n “saggeaarde, liefdevolle persoon” wat ander altyd bo haarself gestel het.
’n Roudiens word Donderdag om 10:00 uit die Hervormde Kerk, Noord gemeente, gehou. Dit sal virtueel uitgesaai word en Lizaan het aangedui dat sy die skakel (Link) vir die diens op haar Facebookblad sal laai kort voor die diens begin.
Notice:
Coronavirus reporting at Caxton Local Media aims to combat fake news
Dear reader,
As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments.
As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online.
Caxton Local Media is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed.
Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol.
A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19.
Readers with any comments or queries may contact National Group Editor Irma Green (irma@caxton.co.za) or Legal Adviser Helene Eloff (helene@caxton.co.za).
Do you have a news lead?
Contact our editorial office on 013 243 1434 or our standby number for emergencies on 072 248 3855 to share your story with us.
Follow us on the Middelburg Observer Facebook group or page or send a WhatsApp to 072 248 3855 with the words “add me” for the latest news.
